Sport

Op Laerskool Vredendal se sportterrein moedig ons elke leerder aan tot maksimum deelname, want ons glo dis hoe elke kind holisties kan ontwikkel en sy/haar doelwitte bereik.  By ons skool bied ons verskeie sportkodes aan vir Somer en Winter.

Meer oor ons Somer Sport

Ons begin reeds tydens die 4de kwartaal met atletiekvaardighede. Die atletiekseisoen begin amptelik in die eerste kwartaal met massadeelname aan ons kleure–atletiek. Daarna volg die verskillende byeenkomste waaraan ons atlete deelneem.
Laerskool Vredendal bied al van 0/7 af mini–krieket vir ons jongspan aan om hulle kriekettalente te ontwikkel. Ons het tans 3 spanne per ouderdomsgroep vanaf 0/7 – 0/9. Ons O/11A – O/13A spanne neem aan ons plaaslike liga deel, wat elke Maandag en Donderdag gespeel word. Ons bied ook jaarliks ’n krieketkliniek aan. Mini-krieket wedstryde word ook gespeel. Dogters kry geleentheid om tydens sportperiodes in mini-krieket afgerig te word en wedstryde te speel.
Tennisspanne van ons skool kompeteer baie goed in ons streek. Ons spog elke jaar met talle provinsiale spelers. Ons het ook ’n baie goeie stelsel wat die spelers help om hul volle potensiaal te ontwikkel. Speler kry dan geleentheid kry om kompeterend deel te neem.

Meer oor ons Winter Sport

24 Netbalspanne vanaf 0/7 tot 0/13 kry weekliks geleentheid om die sport te beoefen. Ons A–spanne speel in die Weskus-Noord liga. Ons het jaarliks ’n Junior sportdag vir die 0/7 – 0/10 spelers waar alle netbalspanne kan deelneem. Ons lewer jaarliks provinsiale speelsters op. Die O/12 en 0/13 netbalspan neem ook gereeld aan die Top – skole kompetisie deel om blootstelling te gee om teen die groter skole te kragte te meet. ’n Toer vir 0/12 en 0/13 vind jaarliks plaas, onderskeidelik na Ceres en die Suid-Kaap.
Laerskool Vredendal beskik tans oor 10 rugbyspanne tussen die ouderdom 0/7 – 0/13. Ons poog om sover moontlik elke speler ’n geleentheid te gee om hulle talente uit te leef. Die A–spanne speel in die Noordwes-Boland liga. Ons het jaarliks ’n Junior Sportdag vir die 0/7 – 0/9 rugby waar alle rugbyspanne kan deelneem. Wedstryde vir die B – spanne word ook te reël. Die O/13’s toer jaarliks na Ceres en die Suid-Kaap.
Ons skool beskik oor sterk skaakspelers waar leerders van jongs af blootgestel word aan die sport. Leerders vaar baie goed en behaal goeie uitslae by toernooie. Ons neem deel aan individuele skaaktoernooie, asook Topskole. Ons het elke jaar ’n hele paar spelers in die streek- en provinsiale spanne.