WELKOM BY

Laerskool Vredendal

Ons Skool

Akademie

Sport

Kultuur

Inligting

Ons Skool

By Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy/haar totaliteit volgens Christelike norme op te voed.

SKOOL URE

M-V: 7:30vm – 2:00nm

ADRES

Skoolstraat, Vredendal, 8160

E-POs ADRES

admin@laerskoolvredendal.co.za

TELEFOON No

027 213 3016

Uit die Hoof se pen

In Vredendal met sy rustige, ruim en plattelandse atmosfeer is ‘n skool gevestig en gebaseer op Christelike Normes en Waardes. Ons is dankbaar dat ons ‘n skool kan wees waar ons “Kinderdrome vlerke gee” en ‘n toekomsvisie van tradisie en hoër hoogtes kan nastreef. Dit is ‘n voorreg om met kosbare kinders van ons Hemelse Vader en ouers te kan werk.

Vir ons is dit belangrik dat elke kind die geleentheid ontvang om teen sy eie tempo te ontwikkel. Sodoende vind holistiese groei plaas en word leerders toegerus om  hul plek in die samelewing vol te kan staan. Ons glo in waardegedrewe onderwys waar ons ‘n aangename leeromgewing skep vir beide kinders, personeel en ouers. As skool het ons ‘n oopdeurbeleid en ons waardeer positiewe insette vanaf die gemeenskap.

Ons akademiese standaard is baie belangrik vir die skool en met harde werk van talle rolspelers kan ons met trots sê dat ons in ons doel slaag. Op buite-kurrikulêre gebied presteer ons kinders baie goed teen die bestes en is welbekend vir spogprestasies.

Laerskool Vredendal se personeel, leerders en ouers is soos ‘n groot familie waar ons as ‘n span saamwerk om die sukses van ons skool te bewerkstellig.

Ons streef na uitmuntendheid en soos ons leuse sê: MY PLIG MY EER !
Baie welkom by LSV se Webblad

Mnr. Riaan van der Watt

Mnr. Riaan van der Watt

Skoolhoof

Skool Nuus

Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons
Baie geluk tannie Raymundah.

Baie geluk tannie Raymundah. ... See MoreSee Less

5 days ago

Comment on Facebook

Baie geluk, Glo dit sal n wonderlike dag wees

Baie geluk!

Baie geluk Raymunda. 🎉

Baie geluk Raymundah!🥳

Geniet n vreugdevolle verjaardag.Mooiste vir die jaar vorentoe.💟👌🎵🎶🍨👏🌹💯☕🌸🍰🍦💝💚🙏

Baie geluk! Hoop dis 'n heerlike bederfdaggie🥳❤‼️

Veels geluk!

Happy birthday 🎹🎶🌹❤️

Happy happy

Geniet jou dag Raymunda

View more comments

Ons rugby manne werk hard aan vaardighede! Dankie aan elke speler en afrigter vir julle harde werk op n Vrydagmiddag💪

Harde werk gee kinderdrome vlerke!
... See MoreSee Less

7 days ago

Comment on Facebook

Daar is goeie dinge aan die gebeur by Vredendal sport.. 🤔 Dis altyd lekker as ouers en onderwysers saamwerk!👍 🙏🙏

Die motivering wat kinders kry, van afrigters wat saam met hulle ‘in die ding is’, is onmeetbaar! Wel gedaan!!

Great work coaches...

Die champs

Ryno Visser, Irma Schlebusch, Cherese van den Berg, Sanette Mullin, Wayne Patterson, Nico Grobler, baie oulike oefeninge.

View more comments

... See MoreSee Less

1 week ago

Comment on Facebook

Baie geluk aan due dogters , trots op julle!!

Baie geluk aan al die dogters. Sterkte vir volgende week!

Baie Geluk aan elke dogter!! Ons trots op jul!! 💚

Congratulations we so proud of you all👏👏👏

Baie geluk jul almal

Pragtig jul dogters⚽️❤‼️ So trots op julle!

Baie geluk al die dogters. Glo julle gaan nog vele hoogtepunte bereik hierdie seisoen. Trots op julle.🏐❤️👏🏻

Baie geluk! Baie trots op elkeen!

Baie geluk julle

Baie Geluk

Baie geluk julle!!

Wow mooi so.

View more comments

... See MoreSee Less

1 week ago
Rugby

Op 8 April neem ons seuns aan die Sone-proewe deel. 12 ban LSV se 0/13 seuns word opgeneem in die Sone-span.

Hierdie 12 seuns neem op 15 April deel aan die NWB-proewe deel. Na afloop van die proewe word 11 van hulle in die NWB-span opgeneem

Baie geluk manne. Ons is trots op julle. Sterkte met die voorbereiding vir die volgende proewe.Image attachment

Rugby

Op 8 April neem ons seuns aan die Sone-proewe deel. 12 ban LSV se 0/13 seuns word opgeneem in die Sone-span.

Hierdie 12 seuns neem op 15 April deel aan die NWB-proewe deel. Na afloop van die proewe word 11 van hulle in die NWB-span opgeneem

Baie geluk manne. Ons is trots op julle. Sterkte met die voorbereiding vir die volgende proewe.
... See MoreSee Less

1 week ago

Comment on Facebook

Baie geluk!!! Speel julle harte uit!! Ons is trots op ons manne!!!

Baie geluk julle!

Baie geluk!

Baie geluk julle, voorspoed met verdere proewe!

Baie geluk julle👍🏻

Geluk jule👏

Geluk manne

Baie geluk julle

Baie geluk manne

Geluk manne

Baie geluk julle 🤗

Baie Geluk manne!! Sterkte vir die bolgende rondte!! 🏉

View more comments

... See MoreSee Less

1 week ago

ONS MISSIE

 

By die Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy totaliteit volgens Christelike norme op te voed en in die proses aandag te gee aan:

  • intellektuele groei
  • die ontwikkeling van vaardighede en verhoudings
  • die bou van ‘n gesonde selfbeeld en besef van eie waarde
  • die handhawing van gesonde menseverhoudings en
  • hoë morele beginsels

Om sodoende ‘n ordelike omgewing te skep waarbinne die kind gelukkig kan ontwikkel om as n gebalanseerde en verantwoordelike volwassene sy plek in die samelewing te kan volstaan.

ONS VISIE

 

Laerskool Vredendal bied stabiliteit en die geleentheid vir elkeen om gelukkig en geborge te voel. Daarom integreer ons akademie, kultuur en sport sodat gesonde geestelike, emosionele en sosiale waardes gekweek word.

Dit verseker dat elkeen sy plek kan volstaan as verantwoordelike landsburgers.

Ons Waardes

NEDERIGHEID

INTEGRITEIT

VRIENDELIKHEID

SELFDISSIPLINE

GOEDHARTIGHEID

LOJALITEIT

Hoofseun & Hoofdoger

Cohen Taljaard

Ek sien uit na 2024 om my skool, Laerskool Vredendal, te kan verteenwoordig as Hoofseun.  Dit is vir my ‘n ongelooflike groot voorreg.

Ek is dankbaar vir ons Hemelse Vader, my ouers, gesin en onderwysers wat my gehelp vorm het in die mens wat ek vandag is. 

Mede leerders, personeel, lede van die beheerliggaam, terreinpersoneel, elke ouer en natuurlik ons skoolhoof, Mnr. Riaan van der Watt, dit is ‘n groot eer en ek is trots om ‘n voorbeeld vir soveel kinders te kan wees.

Die Spingbokke het 4 wêreldbekers gewen met die leuse:  Sterker Saam en my wens is dat Laerskool Vredendal ook in 2024 sterker word as ‘n eenheid wat saamwerk en mekaar se hande vashou.  Mag ons weet waar ons krag vandaan kom en nooit groter en belangriker probeer wees as ander nie en mag Laerskool Vredendal in 2024 hul vlerke sprei en nuwe hoogtes bereik in sport, kultuur en akademie.

Elena Lombard

By Laerskool Vredendal is ons baie bevoorreg met wonderlike skoolgronde, onderwysers, leerders en personeel wat die karakter van ons skool uitleef.

My visie vir LSV in 2024 is dat ons as leerders groter deelname van aktiwiteite sal hê, verbetering in gehoorsaamheid en dissipline en respek tussen maats, leerders en onderwysers. My missie vir Laerskool Vredendal is dat ek die leerders wil aanmoedig om groter hoogtes te bereik en om hulle karakter uit te bou deur self ‘n goeie voorbeeld hiervan te wees. Ek glo in goeie waardes soos eerlikheid, geloof in God en selfdissipline en wil dit graag daagliks uitbeeld.

Ons het ‘n baie goeie LV-groep vir 2024 en ek glo dat ons saam as ‘n span goeie voorbeelde en groot verbeteringe in die skool kan maak.

Leerderverteenwoordigers