Sterre
Laerskool Vredendal het op 9 en 10 November hul jaarlikse Sterre-aand gehou waar daar aan die uitsonderlike prestasies van leerders erkenning gegee is. Vir die eerste keer is daar twee afsonderlike glansgeleenthede gehou, waar die Grondslag-, Intermediêre- en Seniorfase se harde werk erken is.
LSV se Sterre 2022
Grondslagfase leerders het toekennings vir uitsonderlike kulturele- en sportprestasies ontvang, terwyl die Intersenfase erkenning vir akademiese-, kultuur- en sportprestasies ontvang het. Spesiale toekenings vir uitstaande prestasies is ook toegeken. LSV het afskeid geneem van 2022 se leerderverteenwoordigers en die nuwe leerderverteenwoordigers en hoofleerderverteenwoordigers vir 2023 is ook aangekondig.
LSV is trots op elke leerder wat deur die jaar hard gewerk het en altyd hul beste gegee het. Harde werk gee kinderdrome vlerke.
Sportwenners:
Dogtersatleet: Imke Geldenhuys en Dané Lans
Seunsatleet: Victor Lategan
Krieketspeler v/d Jaar: Pieter-Johann Krynauw
Tennisspeler v/d Jaar: Imke Geldenhuys
Seuns Skaakspeler van 2022: Liam Drennen
Dogter Skaakspeler van 2022: Ava Volgraaff
Rugbyspeler v/d Jaar: Henro de Beer
Netbalspeler v/d Jaar: Imke Geldenhuys
Veelsydigste Sportdogter v/d Jaar: Imke Geldenhuys
Veelsydigste Sportseun v/d Jaar: Pieter-Johann Krynauw
Victrix Ludorum: Imke Geldenhuys
Victor Ludorum: Hayden Arries
Spesiale Buite-Kurrikulere toekenning: Linelle van Zyl
Akademiese Toppresteerders:
Graad 4: Aliana Beukes – 88,5%, Lou – Ann Lubbe – 88,1%, Mareli van der Westhuizen – 87,7%.
Graad 5: Elena Lombard – 96%, Dirk Saayman – 92,2%, Katie Swanepoel – 91,7%.
Graad 6: Marlouise du Toit – 94,2%, Christopher van Zyl – 91,7%, Imke Geldenhuys – 89,1%.
Graad 7: Rinette Esterhuyse – 91,6%, Albertus Huisamen – 91,1%, Jeandré Lombard – 88,4%.
Albertus Huisamen het ‘n trofee vir die Beste Prestasie in Wiskunde 2022 ontvang.
Unisa Ererol:
Cyrilique de Villiers, Elena Lombard, Katie Swanepoel, Joshua Strauss, Maria Smith, Mia Strauss, Amrick Barens, Nelke Geldenhuys, Lizé Laubscher en Caleb Strauss.