Musiek

Die pragtige klanke van blokfluit, klavier en sang vul die gange van ons skool van vroeg soggens tot saans. 

Rensche Verwey

Rensche Verwey

Musiek

Musiekonderrig

‘n Gespesialiseerde onderwyser bied professionele onderrig in klavier, blokfluit, sang en teorie aan. Lesse vind tydens en na skoolure plaas. Praktiese en teoretiese werk word tydens lesse geïnkorporeer.

Leerders word aangemoedig om deel te naam aan Calvinia Eisteddfod en ook Klawer Kunste. Leerders kan ook ingeskryf word vir UNISA praktiese- en teoretiese eksamens. Ons behaal jaarliks uitstekende resultate. In 2022 behaal ses leerders bo 90% vir hul praktiese eksamen en ag leerders behaal bo 95% vir hul teoretiese eksamens en word op UNISA se ererol geplaas. 

Leerders kry ook die geleentheid om aan Calvinia Eisteddfod, Klawer Kunste, Konserte en spesiale optredes deel te neem.

Eisteddfods

Ons neem jaarliks deel aan die Olifantsvallei Eisteddfod, Calvinia Eisteddfod en ook Klawer Kunste. Leerlinge kan deelneem aan verskillende kategorieë. Dit sluit voordrag, poetry, koor, sang, blokfluit, klavier, spreekkore, danse, visuele kuns en fotografie in.

In 2022 het kultuurleerders aan ‘n groot verskeidenheid items deelgeneem. Ons is trots om te kan sê dat hulle 217 Dubbelgoud en 240 Goud behaal het.

Hoë prestasies word toegeskryf aan betrokke ouers, toegewyde opvoeders en professionele afrigters.