Foto’s

Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons
🎾TENNIS🎾
Baie dankie Augsburg Landbougimnasium dat julle vandag ver gery het om by ons te kom kuier. Dit was n heerlike dag op en langs die tennisbaan. 

Dankie aan elke Daller-ouer asook alle ouers van Augsburg vir julle ondersteuning.

Dankie Hoërskool Vredendal vir die gebruik van julle ongelooflike mooi fasiliteite.

#saamisonsbeter
#dallers
Krieket: 0/11B teen Nouveau

Ons 0/11B het vandag teen Nouveau kragte gemeet in ’n wedstryd wat vir die seuns waardevolle ervaring gebied het. Alhoewel die uitslag nie in ons guns was nie, het die seuns die wedstryd geniet en baie geleer.
Elke wedstryd is ’n geleentheid om te groei, as spelers te ontwikkel en as ’n span sterker te word. 💪🏏
Ons is trots op julle en sien uit na die volgende wedstryd! 💚💛
🏆♟️ WEST COAST SCHOOLS GRAND CHALLENGE 2026 – PORTERVILLE ♟️🏆

Laerskool Vredendal is trots! 💚💛

Baie geluk aan ons 17 skaakspelers wat aan die West Coast Schools Grand Challenge 2026 in Porterville deelgeneem het! Julle het ons skool se naam met trots verteenwoordig en gewys dat deursettingsvermoë, konsentrasie en strategiese denke belangrike boustene van sukses is.

Deelnemers:
♟️ EJ Africa
♟️ Anchalee Abrahams
♟️ Kaleb Coetzee
♟️ Lee-Cayden Adams
♟️ Brian van der Schyff
♟️ Ezrah Avontuur
♟️ Al-Meeche Avontuur
♟️ Kara Smit
♟️ Adrian Muller
♟️ Eli Kilian
♟️ Clint-Lee Isaacs
♟️ Jovan Engelbrecht
♟️ Ava Vollgraaff
♟️ Alex Vollgraaff
♟️ Khan van Zyl
♟️ Owen Botha
♟️ Cole Muller

🌟 Ons medalje wenners! 🌟

CHAMPIONS LEAGUE ♟️ Anchalee Abrahams – 3de plek O.9 Meisies

DEVELOPMENT LEAGUE ♟️ Lee-Cayden Adams – 2de plek O.13 Meisies

Brian van der Schyff – 5de plek O.13 Seuns

Baie geluk aan hierdie leerders met hul besondere prestasies! Julle harde werk en toewyding verdien erkenning. 

'n Groot dankie aan ons afrigters, ouers en almal wat hierdie leerders ondersteun en help om hul skaaktalent te ontwikkel. Julle bydrae maak 'n verskil! 

Baie geluk aan ons skaakspan! Julle maak Laerskool Vredendal trots! 🏆♟️

#LaerskoolVredendal #WestCoastSchoolsGrandChallenge2026 #Skaak #TrotsGroenEnGeel
🏆 Telfees: Provinsiale Rondte 🏆

Op 17 Oktober 2026 het Amy Ockhuis en Anru Britz aan die provinsiale rondte van die Telfees deelgeneem.

🌟 Anru het ’n uitstekende 9de plek behaal, terwyl Amy deurgedring het tot die 6de rondte!

Laerskool Vredendal is baie trots op julle! ❤️ Julle harde werk, deursettingsvermoë en talent verdien erkenning.

Baie geluk, Amy en Anru! Ons is trots op julle prestasies! 👏🏻🎉
🏆 PROVINSIALE TELFEES 2026 🧮

Baie sterkte aan Amy Ockhuis en Anru Britz wat aan die Provinsiale Sanlam-Telfees, by Weber Gedenk Primêre Skool in Stellenbosch deelneem! 🌟

Ons is ongelooflik trots op julle en wens julle alle sterkte toe met hierdie besondere uitdaging. Mag julle jul wiskundige vaardighede, spoed en akkuraatheid op hul beste kan demonstreer.

Onthou, elke som is ’n geleentheid om te groei, elke uitdaging ’n kans om te wys wat julle kan doen, en elke tree vorentoe ’n prestasie op sy eie.

Gee julle beste, glo in julself en geniet elke oomblik van hierdie ervaring!

Julle maak Laerskool Vredendal trots! 💚💛

#ProvinsialeTelfees #Trots #WiskundeIsPret
♟️ SKAAK: WEST COAST SCHOOLS GRAND CHALLENGE 2026 ♟️

Baie sterkte aan ons skaakspelers wat aan die West Coast Schools Grand Challenge 2026 in Porterville deelneem! 🏆

Mag julle met selfvertroue, konsentrasie en deursettingsvermoë elke skuif met wysheid speel. 

Ons glo in julle en weet julle gaan Laerskool Vredendal met trots verteenwoordig! 💚💛

Speel slim, dink vooruit en gee julle beste! Ons staan bankvas agter julle!

#Skaak #WestCoastSchoolsGrandChallenge2026 #TrotsOpOnsLeerders
🌟 GELUKKIGE BASE DAG, MNR. DIRK VAN NIEKERK! 🌟

Vandag vier ons nie net ’n skoolhoof nie, maar ook ’n leier wat ’n belangrike rol speel in die groei en sukses van ons skool.

Dankie, Mnr. Van Niekerk, vir u leiding, toewyding en harde werk. Dankie dat u elke dag help om Laerskool Vredendal ’n plek te maak waar leerders kan groei, personeel kan saamwerk en drome verwesenlik kan word.

Soos Spreuke 27:17 ons herinner: “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.” Mag u voortgaan om ’n positiewe verskil in die lewens van ander te maak en met wysheid en ywer leiding te gee.

’n Goeie leier bou nie net aan ’n skool nie, maar ook aan mense en aan die toekoms. 💚💛

Baie dankie vir alles wat u vir Laerskool Vredendal beteken. Ons waardeer u!

#GelukkigeBaseDag  #LaerskoolVredendal #Waardering #Leierskap
🎾BOLAND PLATTELAND TENNIS🎾
Ons is baie trots op Jana van der Westhuizen wat gekies is vir die Boland Platteland o.11 tennisspan. Baie geluk!

Boland Platteland speel vanaf 6 tot 8 November 2026 'n toernooi teen Drakenstein (Paarl) en Wynland (Stellenbosch).
TENNIS - WESKUS O/11 WEN GOUD🥇

Baie geluk aan die Weskus O/11-tennisspan wat ’n uitstekende eerste plek by die Plattelandproewe behaal het!

Ons is baie trots op Jana van der Westhuizen wat die span verteenwoordig het.

Baie geluk met hierdie pragtige uitslae!
🏏 Naelskraap-oorwinning vir die 0/11A-krieketspan! 🏏

Baie geluk aan ons 0/11A-krieketspan met ’n spannende oorwinning! Die span het met 2 paaltjies en slegs 3 balle oor die wedstryd beklink.

Deursettingsvermoë en puik spanwerk het vandag die verskil gemaak! 💪🏏

Welgedaan, manne! Julle het gewys wat ’n span met hart en vasbyt kan vermag!
Graad RR en R Inligtingsaand
Graad 1 Inligtingsaand
Laai Meer