Foto’s

Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons
LSV GHOLFDAG

⛳️Laerskool Vredendal se Gholfdag is altyd 'n groot hoogtepunt!

⛳️Kry jou span gereed en dagboek sommer nóú die datum!

⛳️24 September 2026

⛳️Vredendal Gholfklub
Baie sterkte aan al ons leerders wat vandag aan die 2de rondte van die WOW Spelkompetisie deelneem! 

Ons is trots op julle. 
Lekker spel, mooi dink en gee julle beste.
Beheerliggaam posisie vir Graad RR. 
Volg asb riglyne op advertensie.
Posisie vir tydelike Intersen klashulp.Sluit aan by ons LSV-span.
BOLAND RUGBYPROEWE
Baie sterkte aan ons o.12 manne wat vandag en môre aan die Boland o.12 Rugbyproewe op Wellington deelneem.
♟️ SKAAK BY INTERSKOLE! ♟️

Ons skaakspanne het vandag op uitnodiging van Laerskool Calvinia aan hul interskole deelgeneem. Ons is baie dankbaar vir die uitnodiging en die geleentheid om ons skaakspelers die kans te gee om hul vaardighede teen ander skole te toets.

Ons leerders het uitstekend gevaar en met trots hul skool verteenwoordig! 🏆👏

🥇 O/9 – 1ste plek
🥈 O/11 – 2de plek
🥇 O/13 – 1ste plek

Baie geluk aan al ons skaakspelers! Julle harde werk, fokus, deursettingsvermoë en sportmangees het beslis vrugte afgewerp. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle! ♟️💪

'n Groot dankie ook aan Laerskool Calvinia vir die vriendelike uitnodiging en 'n heerlike dag van skaak en goeie sportmanskap.

Ons skaakspanne – julle het ons trots gemaak! 💙♟️🏆
Laai Meer