Video’s

Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons
🏅 ’n Atletiekdag vol pret, glimlagte en groot drome! 🏅

Ons Graad RR- en R-leerders van  Kabouterkampus het dit behoorlik geniet tydens hul lekker atletiekdag! 

Dit was ’n dag vol opgewondenheid, vrolike gesiggies, entoesiasme en kosbare oomblikke. Elke klein deelnemer het die kans gekry om te hardloop, deel te neem en hul beste te gee. Want by ons gaan atletiek nie net oor wen nie, maar ook oor deelname, deursettingsvermoë, spanwerk en die bou van selfvertroue. 

’n Groot dankie aan al die onderwysers, assistente, ouers en almal wat gehelp het om hierdie spesiale dag moontlik te maak. Dankie vir julle tyd, moeite, ondersteuning en liefde waarmee julle ons klein atlete aangemoedig het. Julle maak sulke dae onvergeetlik! 

Aan ons klein Kabouters: mag julle altyd met soveel vreugde deelneem, met soveel moed probeer en met soveel trots glimlag! Julle is elkeen ’n wenner! 

#Kabouterkampus #Atletiekdag #KleinAtleteGrootDrome #LaerskoolVredendal
🥒 Graad 3-uitstappie na Vleilandplaas 🥒

Wat ’n leersame en lekker dag! Ons Graad 3-leerders het die proses van komkommerproduksie van naderby beleef. Van die grootste drywende sonpanele wat krag aan die plaas voorsien, tot die kweekhuise met verskillende komkommerplante en die pakstoor waar die komkommers geseël en verpak word. 🥒 Die hoogtepunt? Om aan die heerlike, soet klein "seedless/gherkins" te proe, elkeen twee komkommers huis toe te neem én heerlik piekniek te hou op die plaas! 

’n Groot dankie aan Nico Laubscher en Anneke Laubscher  vir julle gasvryheid, moeite en bederf. Ons leerders het sommer baie geleer oor waar komkommers vandaan kom en hoe dit van plant tot verpakking gaan. 💚

#LSVDallers #Graad3 #LeerDeurErvaring #ProdukteEnProsesse
💼💰 GRAAD 7 ENTREPRENEURSDAG! 💰💼

Vandag het ons Graad 7-leerders hul entrepreneurskapvaardighede behoorlik getoets tydens hul Entrepreneursdag – as deel van hul Kwartaal 3 EBW-projek! 🎉

Van die beplanning van produkte en pryse tot bemarking, verkope en kliëntediens – ons jong entrepreneurs het eerstehands geleer wat dit beteken om ’n besigheid te begin en te bestuur. 🛍️📊💡

Daar was kreatiwiteit, spanwerk, harde werk en natuurlik… ’n hele paar honger klante! 😄🌭🍭

Ons is ongelooflik trots op elke Graad 7-leerder wat bereid was om hul idees in aksie te omskep. Hierdie is nie net ’n projek nie – dit is waardevolle lewens- en sakevaardighede wat hulle saam met hulle vorentoe kan neem. 🌟

👏 Baie geluk aan ons Graad 7’s met ’n suksesvolle Entrepreneursdag!

#Entrepreneursdag #Graad7 #EBW #JongEntrepreneurs
INTERSKOLE 2026

O.13A RUGBY
INTERSKOLE 2026

O.13A NETBAL
Laai Meer