Video’s

Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons
VAKANSIE.

Oor en Uit.

Ons los hulle nou in die ouers se hande.
Ons Grondslagfase leerders het gister hul PEP -Netbaltoernooisertifikate asook hul Olifantsvallei sertifikate ontvang. 

Baie geluk met jule mooi prestasies.

#lsvtrots
By Laerskool Vredendal glo ons dat niemand alleen groot dinge bereik nie. Ons huidige waardetema is Spanwerk, want ons het mekaar nodig.

Soos die spreekwoord sê: “Alleen kan ons so min doen; saam kan ons soveel bereik.”

Wanneer ons saamwerk, mekaar ondersteun, aanmoedig en respekteer, word uitdagings makliker en suksesse groter. Elke leerder, opvoeder en ouer speel ’n belangrike rol in ons skoolspan.

#spanwerk
#ysterslypyster
Aan al ons wonderlike leerders en ouers – eksamentyd is hier! 📚⭐

Ons leerders het 'n spesiale boodskap vir hulle mammas en pappas: Moenie stres nie, ons is reg!
Eksamen gaan nie net oor punte nie, maar oor alles wat deur die jaar geleer, geoefen en bereik is.

Doen jou beste, glo in jouself en onthou dat harde werk altyd vrugte afwerp.

Aan ons ouers: Dankie vir elke vroegoggend, elke huiswerk-sessie en elke woord van aanmoediging. Julle ondersteuning maak 'n groot verskil.

Ons wens elke leerder baie sterkte, kalmte en selfvertroue toe. Julle kan dit doen! 💙

Glo in jouself, werk hard en gee net jou beste. Die res sal volg. 🌟

Uit die mond van 'n suigeling: "chill mamma, we got this"
💙 Vriendelikheid kos niks, maar beteken alles. 💙

’n Klein daad van omgee kan hoop bring, harte raak en iemand se dag verander. Kom ons kies elke dag om vriendelikheid uit te leef — want die wêreld het meer liefde, omgee en goeie mense nodig. 🌟

#kykwatdoenndaller
#Vriendelikheid
#Kindness 
#MaakNVerskil
🎉 Goeie nuus vir ons gemeenskap! Ons brug is weer oop vir voertuie, en alles begin stadig maar seker terugkeer na normaal.

Ons oggend “stap-uitstappies” saam met die leerders is nou iets van die verlede — en al was dit soms uitdagend, het dit ook iets besonders gebring. Daar was saamstap, saamlag, omgee en ’n gemeenskapsgees wat ons nie gou sal vergeet nie. ❤️

Baie dankie aan elke personeellid, ouer, bestuurder en leerder wat met geduld, begrip en positiewe gesindheid hierdie tyd aangepak het. Julle het gewys wat dit beteken om saam sterk te staan.

Ons gaan die oggende mis… maar ons harte bly dankbaar dat almal weer veilig en maklik kan reis. 🚍🌉
Soms wys moeilike tye vir ons wat ware gemeenskap beteken. 🌉❤️

Na die skade aan ons brug in Vredendal, mag dit nou slegs deur voetgangers gebruik word. By LSV het ons besluit om nie net toe te kyk nie, maar saam met ons leerders die pad te stap — letterlik én figuurlik.

Ons personeel stap soggens saam met die kinders oor die brug, wees sigbaar, bied ondersteuning en sorg dat elke leerder veilig, rustig en welkom voel. Van daar af vervoer ons hulle met busse veilig tot by die skool.

Dis vir ons meer as net vervoer. Dis om hande te vat, moed te gee en vir ons kinders te wys:
“Jy hoef nie alleen deur moeilike tye te gaan nie.”

Ons is ongelooflik trots op ons leerders se deursettingsvermoë, ons ouers se samewerking en elke personeellid wat elke dag bereid is om daardie ekstra myl te stap. 💙
Saam staan ons sterk.
Saam bou ons hoop.
Saam dra ons mekaar.
MINI-NETBAL
Ons o.7 tot o.9 Netbalspelers sien uit na die PEP Mini-netbalfees!

#pepmininetbal 
#augsburg 
#NetbalSA
Ten spyte van die uitdagende omstandighede waarin ons dorp tans verkeer, is ons dankbaar vir elke kind wat veilig by die skool kan wees.

Saam het ons gister stilgestaan by die betekenis van Hemelvaartdag – ’n dag van hoop, geloof en die herinnering dat ons nooit alleen is nie.

Mag hierdie tyd van beproewing ons as gemeenskap nader aan mekaar bring, en mag ons bly vashou aan die wete dat daar altyd hoop is, selfs in moeilike tye.
Boodskap van ons waarnemende hoof Mnr. Dirk van Niekerk
Vandag neem ons met dankbaarheid en ‘n tikkie hartseer afskeid van ons skoolhoof, mnr Riaan van der Watt, na 6 jaar van toegewyde diens.

Mnr Van der Watt, u leiding, visie en omgee het ‘n blywende merk op ons skool gemaak. U het nie net as hoof opgetree nie, maar as mentor, rolmodel en iemand wat werklik omgegee het vir elke leerder en personeellid.

Ons wil ook vir mev Jolandi van der Watt opreg bedank vir haar betrokkenheid en bydrae tot ons skoolgemeenskap. Julle het saam ‘n verskil gemaak wat nog lank onthou sal word.

Ons wens julle alle voorspoed, geluk en seën toe met die nuwe hoofstuk wat voorlê. Mag dit gevul wees met nuwe geleenthede, vreugde en sukses.

Baie dankie vir alles wat julle vir ons skool beteken het – julle sal beslis gemis word!

#ysterslypyster 
#dallerkampioene
💙 Vandag het ons by die skool Wêreld Outisme Dag gevier – ’n dag om bewusmaking te skep, begrip te bou en verskille te vier.

Ons leerders en personeel het saamgestaan om te wys dat elke kind uniek is en op sy/haar eie manier die wêreld spesiaal maak.

 Deur liefde, geduld en aanvaarding kan ons ’n plek skep waar elkeen voel hulle behoort.

Kom ons onthou: anders beteken nie minder nie – dit beteken net uniek en besonders. 💙

Dankie aan almal wat deelgeneem en hierdie dag so betekenisvol gemaak het!
WêRELDBOEKEDAG 2026 -

DEEL 2
WêRELDBOEKEDAG 2026

DEEL 1

Ons Dallers doen dinge altyd met passie en oorgawe. Ons Kampioene het vandag soos hul gunsteling boekekarakter aangetrek en gelees dat die biesies bewe.

Boeke en lees maak ons opgewonde!

#dallerkampioene
#lesersispresteerders
TERREIN

Ons terrein is gedurende die eerste kwartaal opgeknap en nou kan ons spog met die eindresultaat. 

Daar word baie hard gewerk by ons skool en dit bring mee dat ons vir ons leerders net die beste geleenthede en fasiliteite kan bied. 

Baie dankie aan elke leerder, ouer, ondersteuner, beheerliggaamlid en opvoeder wat elke dag saam met ons hard werk om ons skool te verbeter. Ons waardeer elkeen se insette opreg🤩

Video deur Henlo Du Toit 

#dallerkampioene
#dallertrots
#saamisonsbeter
🍎🍏 ’n Opregte dankie uit ons harte! 🍏🍎

Lea en Jana Martin se oupa,ouma en oom het gister ’n besonderse gebaar van omgee getoon deur elke leerder én personeellid op ons skoolterrein met ’n heerlike appel te bederf.

Sulke klein gebare maak ’n groot verskil en herinner ons weer hoe spesiaal ons skoolgemeenskap is. Baie dankie vir julle vriendelikheid en omgee – dit word opreg waardeer!

❤️ Saam groei ons sterker.
SPORT: KWSS

28 Maart tot 1 April 2026
Vandag moet ons groet...

Liewe Yolandé Cronje en Melissa Goosen

Dit is met swaar harte, maar ook met opregte dankbaarheid, dat ons vandag van julle afskeid neem. 

Julle het nie net as onderwyseresse ’n verskil gemaak nie, maar ook as mense wat omgee, inspireer en elke dag lig gebring het na ons skool.

Yolandé en Melissa, julle passie vir onderrig, julle geduld en julle liefde vir kinders het diep spore gelaat. Maar wat ons altyd sal bybly, is julle aansteeklike lag – die manier waarop julle ’n klas, ’n personeelkamer en selfs ’n moeilike dag kon ophelder met julle vrolikheid en positiewe gees.

Julle het nie net kennis gedeel nie, maar ook vreugde. En dit is ’n gawe wat nie maklik vervang kan word nie.

Die leemte wat julle los, gaan groot wees, maar ons weet dat julle nuwe pad vol seëninge, groei en nuwe geleenthede sal wees. Hou aan om oral waar julle gaan, daardie lig en lag te versprei.

Baie dankie vir alles wat julle vir LSV beteken het. Julle sal opreg gemis word.

Beste wense vir die pad vorentoe 🌸
Wat ‘n ongelooflike Gesinsfees! ❤️

Dankie aan elkeen wat deel was van die lag, lekker gesels, die kos, musiek en saamwees.

Dis spesiale oomblikke soos hierdie wat ons herinner hoe kosbaar familie en vriende regtig is.

Ons harte is vol en ons is dankbaar vir elke herinnering wat gemaak is.

Ons wil spesiaal dankie sê vir Markus du Toit, 'n Gr.7-leerder, wat hierdie spesiale onthou oomblikke vir ons vasgevang het en 'n pragtige video daarvan gemaak het. Nou sal ons die Gesinsfees vir nog jare onthou.

Ons kan nie wag vir die volgende een nie! 🌿✨

#Gesinsfees #Dankbaar #Saamwees
Desmond Wells ons wag vir jou, ons is die party. 

Waar wil jy wees? Saterdagaand by Laerskool Vredendal se Gesinsfees.

Ons sien jou daar.
Desmond Wells hier by ons Gesinsfees, moet dit nie mis nie.
🎉 Nog net 3 dae! 🎉

Die opwinding bou op en ons harte is vol vreugde! 🌟

Kom vier saam met ons by die Gesinsfees – ‘n tyd van lag, liefde en saamwees.

Bring jou familie, bring jou vriende en kom maak onvergeetlike herinneringe. 💛

Daar gaan iets vir almal wees – pret, kos en goeie geselskap!

Ons sien julle oor 3 dae! 🥳

Moet dit nie misloop nie!
💃🕺 SOKKIE BY DIE GESINSFEES! 🕺💃

Kom geniet ’n aand van lekker musiek, dans en kuier saam met familie en vriende!

📅 Datum: 20 Maart
📍 Plek: Saal
⏰ Tyd: 19:00-21:00

Trek jou dansskoene aan en kom sokkie saam onder die sterre! ✨

Daar gaan lekker musiek, goeie geselskap en hope pret wees vir almal.

🎶 Moenie dit misloop nie – bring jou LSV maat en kom dans!

#Gesinsfees #Sokkie
🌟GESINSFEES NAWEEK🌟

Maak gereed vir ’n naweek vol pret, lag en lekker kuier vir die hele gesin! 👨‍👩‍👧‍👦

Kom geniet die Laerskool Vredendal Gesinsfees ‘n naweek waar vriende, familie en die gemeenskap saamkom vir heerlike kos, vermaak en hope pret! 🍔🎈🎶

🎟️ Koop jou kaartjies vandag nog en maak seker jy mis nie hierdie fantastiese naweek nie. 

Ons sien JOU daar!
Die tyd het nou aangebreek dat u op die WKOD se aanlyn toelatingsplatform vir graad R en 1 (2027) aansoek moet doen.

Belangrike datums:
• 10 Maart 2026: Die WKOD se aanlyn stelsel open
 https://www.westerncape.gov.za/education/service/learner-admissions

• 14 April 2026: Die WKOD se aanlyn stelsel sluit.
Ons Graad 4-leerders leer hierdie kwartaal in NWT oor verskillende habitatte. Hulle kon enige habitat kies en moes dit dan visueel uitgebeeld het. 

Dit was wonderlik om te sien hoe kreatief en innoverend die leerders gewerk het. Van woud, see, grasveld, rivier tot woestynhabitatte.
🐬🪼🦐🐋🐸🦁🐯🦊🦒🦍
🎩✨ MOET DIT NIE MISLOOP NIE! ✨🎩

Die ongelooflike Alexander May kom na ons Gesinsfees toe!

Maak reg vir: 🎩 Verstommende kulkuns

🐰 Towertruuks wat jou oë laat rek
🤣 Pret en lag vir die hele gesin
🎉 Interaktiewe vermaak vir oud en jonk

Hy gaan jou laat wonder: “Hoe het hy dit gedoen?!”

📅 Datum: 20 Maart
⏰ Tyd: 16:00
📍 Plek: A Rugbyveld onder die TENT
💵 Prys: R50

Bring die kinders, bring Ouma en Oupa – hierdie gaan ’n vertoning wees wat jy nie sommer sal vergeet nie!

✨ Sien jou daar! ✨
Laai Meer