Ons Skool
By Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy/haar totaliteit volgens Christelike norme op te voed.
SKOOL URE
M-V: 7:30vm – 2:00nm
ADRES
Skoolstraat, Vredendal, 8160
E-POs ADRES
admin@laerskoolvredendal.co.za
TELEFOON No
027 213 3016
Uit die Hoof se pen
In Vredendal met sy rustige, ruim en plattelandse atmosfeer is ‘n skool gevestig en gebaseer op Christelike Normes en Waardes. Ons is dankbaar dat ons ‘n skool kan wees waar ons “Kinderdrome vlerke gee” en ‘n toekomsvisie van tradisie en hoër hoogtes kan nastreef. Dit is ‘n voorreg om met kosbare kinders van ons Hemelse Vader en ouers te kan werk.
Vir ons is dit belangrik dat elke kind die geleentheid ontvang om teen sy eie tempo te ontwikkel. Sodoende vind holistiese groei plaas en word leerders toegerus om hul plek in die samelewing vol te kan staan. Ons glo in waardegedrewe onderwys waar ons ‘n aangename leeromgewing skep vir beide kinders, personeel en ouers. As skool het ons ‘n oopdeurbeleid en ons waardeer positiewe insette vanaf die gemeenskap.
Ons akademiese standaard is baie belangrik vir die skool en met harde werk van talle rolspelers kan ons met trots sê dat ons in ons doel slaag. Op buite-kurrikulêre gebied presteer ons kinders baie goed teen die bestes en is welbekend vir spogprestasies.
Laerskool Vredendal se personeel, leerders en ouers is soos ‘n groot familie waar ons as ‘n span saamwerk om die sukses van ons skool te bewerkstellig.
Ons streef na uitmuntendheid en soos ons leuse sê: MY PLIG MY EER !
Baie welkom by LSV se Webblad
Mnr. Riaan van der Watt
Skoolhoof
Skool Nuus
ONS MISSIE
By die Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy totaliteit volgens Christelike norme op te voed en in die proses aandag te gee aan:
- intellektuele groei
- die ontwikkeling van vaardighede en verhoudings
- die bou van ‘n gesonde selfbeeld en besef van eie waarde
- die handhawing van gesonde menseverhoudings en
- hoë morele beginsels
Om sodoende ‘n ordelike omgewing te skep waarbinne die kind gelukkig kan ontwikkel om as n gebalanseerde en verantwoordelike volwassene sy plek in die samelewing te kan volstaan.
ONS VISIE
Laerskool Vredendal bied stabiliteit en die geleentheid vir elkeen om gelukkig en geborge te voel. Daarom integreer ons akademie, kultuur en sport sodat gesonde geestelike, emosionele en sosiale waardes gekweek word.
Dit verseker dat elkeen sy plek kan volstaan as verantwoordelike landsburgers.
Ons Waardes
NEDERIGHEID
INTEGRITEIT
VRIENDELIKHEID
SELFDISSIPLINE
GOEDHARTIGHEID
LOJALITEIT
Hoofseun & Hoofdoger
Cohen Taljaard
Ek sien uit na 2024 om my skool, Laerskool Vredendal, te kan verteenwoordig as Hoofseun. Dit is vir my ‘n ongelooflike groot voorreg.
Ek is dankbaar vir ons Hemelse Vader, my ouers, gesin en onderwysers wat my gehelp vorm het in die mens wat ek vandag is.
Mede leerders, personeel, lede van die beheerliggaam, terreinpersoneel, elke ouer en natuurlik ons skoolhoof, Mnr. Riaan van der Watt, dit is ‘n groot eer en ek is trots om ‘n voorbeeld vir soveel kinders te kan wees.
Die Spingbokke het 4 wêreldbekers gewen met die leuse: Sterker Saam en my wens is dat Laerskool Vredendal ook in 2024 sterker word as ‘n eenheid wat saamwerk en mekaar se hande vashou. Mag ons weet waar ons krag vandaan kom en nooit groter en belangriker probeer wees as ander nie en mag Laerskool Vredendal in 2024 hul vlerke sprei en nuwe hoogtes bereik in sport, kultuur en akademie.
Elena Lombard
By Laerskool Vredendal is ons baie bevoorreg met wonderlike skoolgronde, onderwysers, leerders en personeel wat die karakter van ons skool uitleef.
My visie vir LSV in 2024 is dat ons as leerders groter deelname van aktiwiteite sal hê, verbetering in gehoorsaamheid en dissipline en respek tussen maats, leerders en onderwysers. My missie vir Laerskool Vredendal is dat ek die leerders wil aanmoedig om groter hoogtes te bereik en om hulle karakter uit te bou deur self ‘n goeie voorbeeld hiervan te wees. Ek glo in goeie waardes soos eerlikheid, geloof in God en selfdissipline en wil dit graag daagliks uitbeeld.
Ons het ‘n baie goeie LV-groep vir 2024 en ek glo dat ons saam as ‘n span goeie voorbeelde en groot verbeteringe in die skool kan maak.
Leerderverteenwoordigers
Baie geluk juffrou Hanneke. ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Baie geluk Juf Hanneke!
Baie geluk Hanneke mooiste haar vir jou🎂🌟🌟
Veels geluk Juf Katjie. Mooi dag en jaar vir jou.
Baie geluk juffrou Hanneke.Seënwense vir n mooi dag en n geseënde nuwe lewensjaar ❤
Baie geluk Juffrou Hanneke🎊🎉🥳. Juffrou het nou nog n kaaitjie van ons in die klas🥰♥️
Baie geluk juffrou🥳🎂
Baie geluk Juffrou 🎂 ❤
Baie geluk Juf....(katjie klas). Mag jy baie bederf word vandag. Geniet die dag🎂🥂
Happy birthday Ms De Klerk.Blessing🙏🙏😇😇
Baie geluk juffrou!!❤️
Baie geluk juffrou❤️🎂
Baie geluk liefste Hanneke met jou verjaarsdag, mag dit n mooi en geseende jaar wees. ❤️❤️
Baie geluk Hanneke. Wense vir n mooi dag en geseënde jaar. 🎂
Baie Geluk Juf Hanneke....hoop juffrou het geseënde daggie gehad🙏🎉🥳😘
Baie Geluk juff!!! Pragtige mensie!! 🎁🎁🎂🎂🥂🥂
Veels geluk 🌷
Baie geluk juffrou
Baie geluk Hanneke Seënwense vir n mooi jaar 💐🥳🥳
Baie geluk
Happy Birthday Juffrou Hanneke!
Baie geluk jufi🎂🎂🎂🎂🎂
Happy Birthday 🎉🥳
Geluk ons pragtige juffrou. Youre special 🎹🎶🎸🙏
Baie geluk!!
Geluk en Voorspoed!!
View more comments
... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Kaptein span die seile, die bemanning wil seil. Mag die Here julle stuurman wees en dat julle oor kalm water sal seil. Geniet die 2025 bootrit. Sal julle dophou van die kaai af⛴️
Ons raakvat Gr.2-juffrou verjaar vandag! Baie geluk Juf. Marcelle🥳 ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Happy Birthday to you Miss Basson!Wens u n geseende nuwe lewensjaar toe🎉🎊🥳
Veels geluk!!! 🎉
Happy Birthday, Mooi mens!
Baie geluk Marcelle! Mooi jaar vir jou!
Happy Birthday 🎊🎈🎁
Veels geluk liewe Marcelle...hoop jou dag was pragtig
Baie geluk met jou verjaardag, Marcelle.
Happy belated birthday Juf Marcell 🎉 als wat mooi is vir die nuwe lewensjaar❤️
Baie geluk Marcelle. Hoop die nuwe lewensjaar hou vir jou net voorspoed,liefde,geluk en goeie gesondheid in.🎂💐
Baie geluk!!! Hoop jy het n awesome dag gehad
Baie geluk, hoop dit was n heerlike dag
Baie geluk!
Baie geluk Marcelle Basson - ons raakvat juffie🥳‼️
Baie geluk Juffrou Marcelle 🥳🎂🥂
Baie geluk Juf❤️
Baie geluk Juf Marcelle!
Baie geluk juf Marcelle.
Baie geluk Marcelle!!
Baie geluk mooiste Marcelle Basson. Ek bid die seen Van die Here oor jou lewe.
Baie geluk
Happy happy
Baie geluk
Lekker verjaar Marcelle.
Lekker verjaar🥳
Baie geluk op juffie se verjaarsdag♥️♥️♥️
View more comments
Een van ons skool se regterhande verjaar vandag. Baie geluk Maralize Booysen🥳 ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Baie geluk Maralize. Hoop dit was ‘n baie mooi dag vir jou!
Baie geluk Maralize🎁🎉🥳‼️
Baie geluk!🥳
Happy birthday🎶🎹❤️
Geluk tannie
Baie geluk!
Baie geluk
Geniet n wonderlike verjaardag!!!!!Mooiste vir die jaar wat voorlê.🎵❣⚘👏👏👏
View more comments
Beste ouers en kinders
Namens die personeel van Laerskool Vredendal wil ons graag vir julle almal 'n geseënde en voorspoedige 2025 toewens.
Mag hierdie nuwe jaar 'n tyd wees waarin ons saam droom, groei en streef na uitnemendheid. Laat ons altyd in alles wat ons doen, optree in die beste belang van ons kinders, sodat hulle kan blom en hul volle potensiaal bereik.
Ons wil ook vir ons Hemelse Vader dankie sê vir Sy seën oor Laerskool Vredendal in 2024. Ons is dankbaar vir die beskerming, leiding en voorsiening wat Hy oor ons skool gegiet het, en ons vertrou op Sy seën vir 2025.
Aan al ons klein Dallerkampioene, ons hoop julle hou lekker vakansie! Bly veilig, geniet elke oomblik en kom terug met nuwe energie vir die jaar wat voorlê.
Mag 2025 'n mooi en geseënde jaar wees vir julle almal.
Met waardering en dankbaarheid.
Groete
LSV Personeel ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Ons eer ons Here vir dit wat ons kan verwag in die jaar wat voorlê.Wie Hom volg is verseker van meer as wat die oog kan sien... Ek sing sommer nou die lied in my gedagtes; Staan op,staan op vir Jesus O helde van die Kruis Ja...ons streef na vrede,maar wie kan die vyand oorwin deur stilbly... Hy lei ons deur die stryd tot oorwinning... Dankie dat ons n Daller-mentaliteit het van nie opgee nie. Dankie aan ons skoolhoof ,personeel en beheerraad...wys julle staal...tye raak al hoe moeiliker. Ons kinders is die grootste prioriteit van n samelewing.Ons gemeenskap moet net altyd die beste vir hul beding....al moet ons teen die stroom swem. Op n noot van ons afhanklikheid van ons Here...Hy word ook genoem ons Voorsiener...ons kyk op en bid vir Sy Voorsiening..elke dag. Ek gee nie om hoe my boodskap afgaan nie,maar ek weet as n Mamma en Ouma,wanneer n kind geborge voel...dan doen hy sy bes. Mag Jesus se liefde julle so oorweldig dat julle oomblikke van uitdagings ,met ekstra durf sal aanpak!!!! Liefde...altyd.
🎅Geseënde Kersfees🎅 ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Baie Dankie en lekker kersfees/nuwejaar!