Ons Skool
By Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy/haar totaliteit volgens Christelike norme op te voed.
SKOOL URE
M-V: 7:30vm – 2:00nm
ADRES
Skoolstraat, Vredendal, 8160
E-POs ADRES
admin@laerskoolvredendal.co.za
TELEFOON No
027 213 3016
Uit die Hoof se pen
In Vredendal met sy rustige, ruim en plattelandse atmosfeer is ‘n skool gevestig en gebaseer op Christelike Normes en Waardes. Ons is dankbaar dat ons ‘n skool kan wees waar ons “Kinderdrome vlerke gee” en ‘n toekomsvisie van tradisie en hoër hoogtes kan nastreef. Dit is ‘n voorreg om met kosbare kinders van ons Hemelse Vader en ouers te kan werk.
Vir ons is dit belangrik dat elke kind die geleentheid ontvang om teen sy eie tempo te ontwikkel. Sodoende vind holistiese groei plaas en word leerders toegerus om hul plek in die samelewing vol te kan staan. Ons glo in waardegedrewe onderwys waar ons ‘n aangename leeromgewing skep vir beide kinders, personeel en ouers. As skool het ons ‘n oopdeurbeleid en ons waardeer positiewe insette vanaf die gemeenskap.
Ons akademiese standaard is baie belangrik vir die skool en met harde werk van talle rolspelers kan ons met trots sê dat ons in ons doel slaag. Op buite-kurrikulêre gebied presteer ons kinders baie goed teen die bestes en is welbekend vir spogprestasies.
Laerskool Vredendal se personeel, leerders en ouers is soos ‘n groot familie waar ons as ‘n span saamwerk om die sukses van ons skool te bewerkstellig.
Ons streef na uitmuntendheid en soos ons leuse sê: MY PLIG MY EER !
Baie welkom by LSV se Webblad

Mnr. Riaan van der Watt
Skoolhoof
Skool Nuus
ONS MISSIE
By die Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy totaliteit volgens Christelike norme op te voed en in die proses aandag te gee aan:
- intellektuele groei
- die ontwikkeling van vaardighede en verhoudings
- die bou van ‘n gesonde selfbeeld en besef van eie waarde
- die handhawing van gesonde menseverhoudings en
- hoë morele beginsels
Om sodoende ‘n ordelike omgewing te skep waarbinne die kind gelukkig kan ontwikkel om as n gebalanseerde en verantwoordelike volwassene sy plek in die samelewing te kan volstaan.
ONS VISIE
Laerskool Vredendal bied stabiliteit en die geleentheid vir elkeen om gelukkig en geborge te voel. Daarom integreer ons akademie, kultuur en sport sodat gesonde geestelike, emosionele en sosiale waardes gekweek word.
Dit verseker dat elkeen sy plek kan volstaan as verantwoordelike landsburgers.
Ons Waardes
NEDERIGHEID
INTEGRITEIT
VRIENDELIKHEID
SELFDISSIPLINE
GOEDHARTIGHEID
LOJALITEIT
Hoofseun & Hoofdoger
Stefan Heyns
Daar is vir my geen groter voorreg as om 2025 ‘n hoofleier van LSV te wees nie. Ek is dankbaar vir die platform om my geloof en waardes uit teleef. Dis vir my ‘n uitdaging om my mede leerders van LSV te inspireeren aan te moedig om elke dag te streef daarna om ‘n Dallerkampioen tewees.
Ek wil graag ‘n omgewing van aanvaarding help skep vir die neurodiverse leerders ook. Dit is vir my belangrik dat elke leerder, ouersen onderwysers moet deel voel van die LSV familie. Ek wil help om LSV ‘n plek van aanvaarding, veiligheid en liefde te maak, waar elkeen syvolle potensiaal kan bereik.
Mareli van der Westhuizen
Ek staan vandag hier voor julle as die trotse hoofmeisie van hierdie wonderlike skool, Laerskool Vredendal. Dit is ‘n ongelooflike eer en voorreg om die verantwoordelikheid aan te neem om as hoofmeisie van ons skool te dien. Ek is baie opgewonde vir 2025 met al sy moontlikhede en uitdagings.
My visie is om elkeen te inspireer om deel te neem aan al ons skool se aktiwiteite, sou dit nou wees sport of kultuur. Ons het die vermoë om ‘n ongelooflike inpak te maak – nie net op onsself nie, maar op die mense om ons. #Dallerkampioene.
Ek wil graag aan elke leerder vra, maak ‘n leuse vir jouself, om die jaar aan vas te hou. Sê vir jouself; “Ek moet onthou dat ek kosbaar en spesiaal is en EK wil eerlik en opreg my doel bereikin 2025.”
Soos Cyrus A. Bartol; “Laat jou karakter soos ‘n diamant wees, wat sy merk op ander oppervlaktes laat.”
Leerderverteenwoordigers 2025

Baie geluk juffrou Proppie. ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Happy belated birthday Proppie
Baie geluk Proppie! Mooiste jaar vir jou!🎉🎂
Baie geluk Niggie!!! Alles wat mooi is vir 2026.🧡♥️❤️ vir jou!!!!
Mooiste wense juf Proppie 🙏
Happy birthday 🎉
Happy birthday
Baie Geluk 💥🙂👍
Geluk proppie! Mag daar nog vele van hulle wees!
Baie geluk, Juffroue Marlene Proppie Engelbrecht ❤️
Baie geluk met jou verjaardag Proppie, wens jou alles wat mooi is toe vir die nuwe lewensjaar.
Baie geluk Juffrou Proppie geniet hierdie wonderlike dag
Geniet jou verjaardag!!!!!Mag elke oomblik n wonderlike ervaring wees van liefde...jy is kosbaar.
Baie geluk. Elke Jaar is 'n seëning
Baie geluk juffrou Marlene(Proppie). Seënwense vir jou❤🤲
Baie geluk, mooiste dag vir jou
Baie geluk. Hoop dis n awesome dag🎊
Baie geluk Props, wonderlike dag vir jou
Baie baie geluk Proppie
Baie geluk, Proppie.
Veels geluk Proppie! Hoop jy word baie bederf!
Lekker verjaar liewe Proppie🌹
Geluk liewe Proppie en mag jy gou gesond word
Veels geluk juf Marlene Proppie Engelbrecht ❤️❤️❤️
Veels geluk Proppie!🥳🥳
Baie geluk Proppie.Lekker verjaar.
View more comments
Baie geluk juffrou Lessinda. ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Hbd
Baie geluk met die verjaarsdag Juffrou met die mooiste hart mag God se seeninge altyd rus op U lewe.Dankie is so n klein woordjie,maar Dankie vir wat Juffrou vir my vir die jaar beteken het,ek waardeur dit uit die diepste van my hart.Geniet Juffrou se dag,en die aftrede ek sal Juffrou baie mis
Geniet n wonderlike verjaardag!!!!Mag die jaar vorentoe vol vreugdes wees..❣⚘
Baie geluk Juffrou lekker vrjaar n geniet die dag🎉🎂❤️❤️🙏
Geluk Lessinda, ek onthou jou vanaf die Laerskool Vredendal, waar ek sekreteresse was! Liefde
Goeie gesondheid en hemelse seen is my bede vir n staatmaker juf. Lekker verjaar. Eks dankbaar ons kon deelwees Van die laaste skooljaar. Jyt ons gestig!!!
Veels geluk Lessinda Thiart! 🎁🌹
Baie geluk met u verjaarsdag juffrou Thiart...🥳🥳🥳🥳
Lyk Nog presies dieselfde Soos toe ons std1 by Juf was Baie geluk
Baie geluk. Lekker verjaar🎉
Baie geluk met juffrou se verjaarsdag! Hoop dis n fantastiese bederf dag
Baie geluk liewe Lessinda Thiart! Hoop die bederf is groot👑🥳‼️
Baie geluk Lessinda Geniet d dag🌹🎂🍾🥂
View more comments
Laerskool Vredendal is trots om vir 'n vroeë Kersfees uitreik uit te reik na die gemeenskap van Kliprand deur skryfbehoeftes aan hulle leerders te skenk vir 2026 ✏️📚✨
Ons glo elke kind verdien ’n gelyke kans op sukses, en vertrou dat hierdie bydrae ’n positiewe verskil in hulle nuwe skooljaar sal maak 🤝🤍
Mag dit vir elke leerder ’n sterk, hoopvolle begin vir 2026 bring .
Baie dankie aan elke een van ons ouers wat help bydrae het om hierdie 'n suksesvolle uitreik te maak. ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
🙌🏽🙌🏽
beautiful young kids!
View more comments
Cyrilique de Villiers en Mareli van der Westhuizen het pragtig gespeel by die Kerssangdiens. Dit was hul laaste optrede as leerders van Laerskool Vredendal. 🎄⛪🎶🎶 ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Wens hulle net die beste toe vorentoe 🎶🎵
Baieee mooi
Pragtig
Mooi Mareli!! ❣️
Pragtig!!!
View more comments
Ons graad 3’s het vandag die Kersboodskap met soveel vreugde, energie en selfvertroue opgevoer. Hulle het gewys hoe mooi hulle kan saamwerk en hoe groot hulle harte is. Die Kersboodskap gaan oor liefde, hoop en om lig vir ander te wees – en dit het hulle perfek uitgebeeld.
Ons is ongelooflik trots op elkeen van hulle. Mag hulle altyd hulle lig laat skyn, nie net vandag nie maar elke dag. ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Liewe Graad 3’s,
Welkom in julle nuwe Graad 4-klas! Ons is so opgewonde om julle hier te hê. Volgende jaar wag daar nuwe avonture, nuwe dinge om te leer en baie geleenthede om te groei.
Hier gaan julle harder dink, slimmer werk en steeds baie glimlagte deel. Onthou: elke groot reis begin met ’n klein tree, en graad 4 is daardie eerste tree.
Ons glo in julle, ons is trots op julle, en ons kan nie wag om saam hierdie nuwe hoofstuk te begin nie!
Baie welkom, Graad 4’s-in-2026! ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Jinne...daai boeke getuig dat daar hard gewerk gaan word om jul slimmer te maak.Geniet...dis net n treetjiedag vir dag....