Dans

Dans is ‘n kreatiewe kunsvorm en ontwikkel dansers se verbeelding en kreatiwiteit. Dit ontwikkel nie net sterk spiere nie, maar verbeter ook leervaardighede, uithouvermoë en konsentrasie. Leerders se akademiese produktiwiteit word ook verhoog.

Dans

Laerskool Vredendal het in 2022 met dans as ‘n nuwe, buite-
kurrikulêre aktiwiteit begin. Oudisies is gehou en twintig
leerders van die Grondslagfase en vyftig leerders van die
Intersenfase het aan Steilhoogte se Dans en Drama Eisteddfod
deelgeneem. Daar het hulle deel geneem aan verskillende
dansvorms.

Die skool gee ook aan dansleerders die geleentheid om by
kultuuraande, sportdae en spesiale dae, soos Afrikadag voor ‘n
gehoor op te tree.

“Life is better when you dance”