Intersenfase

Die standaard van ons skool se akademie is ons eerste prioriteit. Die bestuurstruktuur en onderrigprogram is so ontwerp dat elke leerling ten beste baat daarby vind en dat die vlak van onderrig verseker dat ons op die hoë standaarde van ons trotse verlede voortbou.

Die assesseringsbeleid van die skool beklemtoon laasgenoemde feit deur middel van die volgende uiteensetting:
  • Die doel van die assesseringsbeleid is om bystand te verleen vir die ontwikkeling, organisering, strukturering en toepassing van ‘n assesseringsprogram.
  • Die beleid is gebaseer op die volgende beginsels: afwaartse ontwerp, duidelike fokus, hoë verwagtinge en omvattende geleenthede.
  • Assessering word gebruik vir individuele groei, ontwikkeling en bevordering.
  • Die doel van assessering word saamgevat met die volgende wyses of tipes van assessering: basislyn-assessering, diagnostiese assessering, vormingsassessering, sommerende assessering en sistemiese assessering.
  • Assessering vind deurlopend plaas en sluit in praktiese werk, geskrewe werk, toetse / eksamens, navorsing en enige ander gegewe taak.
  • Rapportering via ‘n assesseringsverslag na die ouer-huise is ‘n belangrike uitvloeisel van die assesseringsproses en gee ‘n aanduiding van die volgende aspekte rakende ‘n leerder se vordering:
    — leer wat bereik is;
    — leerder se sterk punte;
     ondersteuning benodig;
     karakteropbouende terugvoer en kommentaar.

Inleidende Opmerkings

9 vakke word aangebied. 

Afrikaans Huistaal

In HUISTAAL word hoofsaaklik op die volgende areas gefokus:

  • Luister en praat
  • Lees en kyk
  • Taal in konteks
  • Skryf

Leerders word  aan hierdie verskillende vaardighede bekend gestel deur verskillende tekssoorte (genres).  Die ontwikkeling en verbetering van spel- en leesvaardighede word aangemoedig en leerders kry geleentheid om didaktiese hulpklasse by te woon.  Die slaagvereistes vir Huistaal vanaf gr. 4 tot 7 is ‘n kode 4 (50%).

    English/Addisionele Taal

    Languages are central to our lives. We communicate and understand our world through
    language . Language thus shapes our identity and knowledge. Languages serve a variety of purposes, which are reflected in the Languages Learning Area Statement.

    These are:

    • Personal – to sustain, develop and transform identities; to sustain relationships in family and community; and for the personal growth and pleasure.
    • Communicative – to develop tools for thinking and reasoning, and to provide access to information.
    • Aesthetic – to create, interpret and play imaginatively with oral, visual and written texts.
    • Cultural – to understand and appreciate languages and cultures, and the heritage they carry.
    • Political – to assert oneself and challenge others; to persuade others of a particular point of view; to position oneself and others; and to sustain, develop and transform identities.
    • Critical – to understand the relationships between language, power and identity, and to challenge uses of these where necessary;

    Skills and focus areas :

    • Listen and speak
    • Read and view
    • Write and present
    • Language structures and conventions
    • Spelling
    • Words and sentences
    • Vocabulary in context
    Wiskunde

    Wiskunde onderrig is ‘n prioriteit by Laerskool Vredendal en daarom wil ons elke leerder toerus met die beste kennis deur kwaliteit onderrig.  Hierdie doel kan slegs bereik word deur aan elke leerder intensief aandag te gee en so die behoefte van elke leerder aan te spreek.

    Tegnologie soos dataprojektors en internet toegang in elke klas, maak lesse interaktief, opwindend en interessant.  Die Wiskunde onderwysers werk nou met mekaar saam om seker te maak dat leerlinge nie verwar word met verskillende onderrigmetodes nie en dat kennis konsentries uitgebrei word van Graad 4 -7.

    Kennisvaardighede t.o.v. die vak Wiskunde:

    • Getalle, Bewerkings en Verwantskappe
    • Patrone, Funksies en Algebra
    • Ruimte en Vorm ( Meetkunde)
    • Meting
    • Datahantering 

    Deelname aan verrykende Wiskunde ervarings:

    Conquesta Olimpiade is ‘n uitdaging waaraan leerders kan deelneem. Hier kan leerders wat ‘n passie vir Wiskunde het, hulself verryk met vraagstelling van ‘n hoë standaard.

    In 2022 is Laerskool Vredendal aangewys as een van Conquesta se Top 20 Wiskunde skole in Suid-Afrika. Ons graad 5-klas behaal ‘n 12de plek en graad 6-klas behaal ‘n 19de plek.

    Didaktiese hulp is baie belangrik en kan slegs suksesvol plaasvind in ‘n kleiner groep of op individuele basis. Dit vind na ure plaas en is vir leerders wat ekstra hulp benodig, of vir onderwysers om probleemareas vas te lê.

      Natuurwetenskappe

      Die onderrig en leer van wetenskap sluit die ontwikkeling van ‘n reeks prosesvaardighede in wat in die alledaagse lewe, in die gemeenskap en in die werkplek gebruik kan word.  Leerders ontwikkel die vermoë om objektief te dink en ‘n verskeidenheid redeneervorme te gebruik.  Hulle ontwikkel ook vaardighede om te ondersoek, na te dink, te ontleed, te sintetiseer, probleme op te los en te kommunikeer.  In die vak bestudeer leerders die volgende 4 inhoudsvelde:

      Graad 4 – 6:

      • Lewe en lewende dinge en strukture
      • Materie en materiaal en verwerking
      • Energie en verandering en stelsels en beheer
      • Planeet aarde en die ruimte en stelsels en beheer

      Graad 7:

      • Lewe en lewende dinge
      • Materie en materiaal
      • Energie en verandering
      • Planeet aarde en die ruimte
      Sosiale Wetenskappe

      Sosiale Wetenskappe bevorder verhoudings tussen mense, asook tussen mense en die omgewing.  Die kernwaardes van Sosiale Wetenskappe sluit in die bevordering van maatskaplike, politiese en menslike verhoudings.  Sosiale Wetenskappe konfronteer die foute van die verlede, asook ekonomiese- en sosiale ongelykheid en gee sodoende aan ons die vaardighede om hierdie probleme aan te spreek om vir onsself en die mense om ons ‘n beter toekoms te skep.

      Kernareas:

      Aardrykskunde

      • Kaartvaardighede
      • Handel
      • Klimaat en plantegroei
      • Bevolking
      • Bestuur van hulpbronne
      • Natuurrampe

      Geskiedenis

      • Afrika koninkryk lank gelede in Suid-Afrika
      • Ontdekkingsreisigers uit Europa
      • Demokrasie en burgerskap
      • Medisyne deur die jare
      • Slawehandel in verskeie dele van die wêreld
      Skeppende Kunste

      Skeppende Kunste bied blootstelling aan en bestudering van ‘n verskeidenheid kunsvorms, insluitend dans, drama, musiek en beeldende kunste. Die doel van Skeppende Kunste is om leerders te ontwikkel tot verbeeldingryke individue, met waardering vir die kunste. Skeppende Kunste bied geleenthede vir leerders om uitdrukking te gee aan hulle gevoelens en insigte, individueel en in samewerking met ander. Dit skep ‘n fondament vir gebalanseerde skeppende, kognitiewe, emosionele en sosiale ontwikkeling. Skeppende Kunste word in twee parallele en komplementêre strome bestudeer – Beeldende Kunste en Uitvoerende Kunste (Dans, Drama en Musiek).

      Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

      Ekonomiese Bestuurswetenskap is ‘n studie van kommersiële vakke soos Ekonimie en Rekeningkunde en ons poog om kinders in die seniorfase ‘n beter begrip te gee oor besighede, geld en die bou van die infrastruktuur van die land in geheel. 

      Die vak leer kinders om deurlopende aksie te neem oor tyd en dek verskillende begrippe en benaderinge rakende die ekonomie.  Ons poog ook om die kinders die waarde van geld te leer en spandering te beperk.  Vaardighede word aangeleer om kinders te help om besighede te kan stig, sakeplanne op te trek en hul eie bestuurstyl te ontwikkel tydens die Entrepreneursdag wat gehou word by die skool.  Die entrepreneursdag sorg vir baie pret by die skool.    

       Fokus vir EBW Gr.7:

      • Die Geskiedenis van geld
      • Behoeftes en begeertes
      • Produksiefaktore
      • Sakeondernemings
      • Ekonomies begrippe
      • Begrotings
      • Netto waarde
      • Spaar
      • Beleggings
      • Vaardighede en eienskappe van ‘n entrepreneur

      Entrepreneurskap is die begin van sukses.  Deur slim te dink en hard te werk bepaal ‘n persoon sy eie toekoms.

      Lewensvaardigheid / Lewensoriëntering

      Lewensvaardigheid en -oriëntering is die holistiese ontwikkeling van die leerders om hulle met kennis, vaardighede en waardes toe te rus. Die leerders word ontwikkel om sodoende hulle volle liggaamlike, intellektuele, persoonlike, emosionele, sosiale en kreatiewe potensiaal te bereik. Die leerders word bemagtig om onafhanklik en effektief die uitdagings van die lewe te hanteer om sodoende ‘n aktiewe en verantwoordelike rol in die omgewing te speel.

      Die volgende temas word in LV in Gr 4-6, gedek:

      • Skeppende kunste
      • Persoonlike en Sosiale Welstand
      • Liggaamlike opvoeding
      Tegnologie

      Tegnologie is ‘n seniorfase vak wat net vir ons Graad 7-leerders aangebied word. Die doel is om ons Graad 7-leerders voor te berei vir die Hoërskool en daarom fokus ons om die volgende aspekte in Tegnologie:

      • Leer deur probleme op skeppende maniere op te los;
      • Leer met behulp van die gebruik van regte situasies buite die klaskamer;
      • Voer praktiese projekte uit deur die gebruik van ‘n verskeidenheid tegnologiese vaardighede, ondersoek, ontwerp, maak, evalueer, kommunikeer – wat by verskillende leerstyle pas;
      • Gebruik kennis op ‘n doelgerigte manier en raak betrokke daarby;
      • Leer deur vraagstukke met betrekking tot inklusiwiteit, menseregte en maatskaplike en omgewingsake tydens projekwerk direk te hanteer;
      • Gebruik ‘n verskeidenheid lewensvaardighede (bv besluitneming, kritiese en kreatiewe denke, samewerking, behoefte-bepaling) in outentieke kontekste;
      • Ons skep ‘n begin vir tegnologie-gerigte loopbane. Die volgende temas word gedek:
        • Grafiese kommunikasie
        • Hefbome
        • Strukture
        • Magnetisme
        • Herwinning
        • Stroombane
        • Krukke en katrolle
        • Verwerking van materiaal vir noodsituasies
      Slaagvereistes
      Grade 4 -6
      • Huistaal: Kode 4
      • Eerste Addisionele Taal: Kode 3
      • Wiskunde: Kode 3 (Gr. R – 6).
      • Kode 3 in enige 2 van die oorblywende vakke.
      • ‘n Leerder het 4 jaar om in hierdie fase te slaag.
      Graad 7
      • Huistaal: Kode 4 (50-59%)
      • Eerste Addisionele Taal: Kode 3 (40-49%)
      • Wiskunde: Kode 3 (40-49%)
      • Kode 3 in enige 3 van die oorblywende vakke (40-49%)
      • Kode 2 in enige 2 van die oorblywende vakke (30-49%)