Foto’s

Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons
Baie geluk juf. Maryke.
Janke Engelbrecht ontvang SA kleure vir dans!

Janke Engelbrecht 'n danser van Patsy's Dancing Studio het in November 2023 deelgeneem aan die Dance Star kompetisie en sy het gekwalifiseer om in 2024 Suid-Afrika te verteenwoordig in Kroasië. 

Sy het Sondag 5 Mei haar SA sweetpak ontvang en vlieg 18 Mei na Kroasië, waar sy gaan deelneem aan die World Dance Masters in Porec om Suid-Afrika te verteenwoordig saam met die SA Dance team.

Baie geluk. Ons is baie trots op jou.
Sterkte
Baie geluk aan Phoebe van Zyl en Jana Vollgraaff wat in die Wes-Kaap netbalspanne opgeneem is. Ons is baie trots op julle!
Daar maak LSV alweer geskiedenis. Na die 1ste rondte Bolandproewe is 8 van ons seuns opgeneem in die Bolandgroep van 60 spelers. Hierdie seuns gaan die naweek van 17 en 18 Mei onderskeidelik teen WP en SWD speel, vir 'n plek in die Boland en Boland Akademie span, wat tydens die Junie vakansie aan die Craven week gaan deelneem.

Baie dankie mnr' e Pieter-Steyl, Christo en Riaan wat deel was van die NWB bestuur-en afrigtingspan.

Baie geluk manne. Sterkte met julle oefeninge.

Cohen Taljaard, Lorenzo Loff, Marlon Pretorius, Ben Avenant, HW Anthonissen, Tyron Oncke, Dianru van der Watt en Chanville Zaal.
Nakita-Lee Botha ontvang SA kleure vir dans!

Nakita-Lee Botha 'n danser van Annelie's Dance Academy het in November 2023 deelgeneem aan die Dance Star kompetisie en sy het gekwalifiseer om in 2024 Suid-Afrika te verteenwoordig in Kroasië. 

Sy het Sondag 5 Mei haar SA sweetpak ontvang en vlieg 18 Mei na Kroasië, waar sy gaan deelneem aan die World Dance Masters in Porec om Suid-Afrika te verteenwoordig saam met die SA Dance team.

Baie geluk. Ons is baie trots op jou.
Sterkte
Baie geluk juf. Ellie.
Baie geluk juf. Ruthie.
Juf. Ruth Britz is vanaf 1 Mei 2024 ons nuwe GF Departementshoof. Ons weet dat ons GF onder u leiding in goeie hande is. Baie geluk!
Baie geluk juf. Nulani.
Baie sterkte aan ons rugbymanne wat die naweek, die NWB-rugbyspan, verteenwoordig by die eerste rondte van die Boland proewe wat in die Koue Bokkeveld plaasvind.

Sterkte seuns.
NETBAL

Ons is baie trots op die netbaldogters wat in die onderskeie Weskus-netbalgroepe opgeneem is. Hulle neem Saterdag, 4 Mei, op Moorreesburg aan die Wes-Kaap Sone 1 proewe deel. 

V.l.n.r. Jana Vollgraaff, Phoebe van Zyl, Iminathi Badla, Bella Coetzee en Dané Lans.
 
Baie geluk en sterkte vir môre!
Baie sterkte Alexander Vollgraaf, Ava Vollgraaf en Ezrah Avontuur wat die naweek die Weskus Skaakspan verteenwoordig in Langebaan.
Ons is trots op julle.
Baie geluk Alexander Kruger en Cohen Taljaard met julle goeie prestasies wat julle behaal het by  JFD se golfdag die naweek. Alexander het 2de geëindig en Cohen 4de.
Baie geluk manne.
Baie geluk juf. Adéne.
Op 20 April het van ons leerders aan die KYOKUSHINKAIKAN KARATE KAMPIOENSKAPPE TE WYNBERG, KAAPSTAD, gaan deelneem. 

Uitslae was soos volg.:

HENDRIK ARP - BRONS SILWER BRONS 
DYLAN BRAND - SILWER   BRONS
GIOVANIA DIERGAARDT GOUD SILWER SILWER
WILLIQUE LE ROUX - GOUD 
MIAS LOUW BRONS GOUD BRONS
MIEKE SKINNER SILWER SILWER 
HANDRÉ SMAL SILWER BRONS GOUD
WILLIAM SMAL - GOUD 
KAYDORE SMIT - GOUD GOUD
JD SWANEPOEL - BRONS GOUD
RIANCO VAN DER WATT -SILWER
ARINA WESSELS - SILWER SILWER X 2

DIE VOLGENDE LEERDERS KWALIFISEER OOK VIR DIE WP KYOKUSHINKAIKAN KARATE SPAN OM GEDURENDE DIE JUNIE VAKANSIE IN JOHANNESBURG AAN DIE SUID-AFRIKAANSE KYOKUSHINKAIKAN KARATE KAMPIOENSKAPPE DEEL TE NEEM:

HENDRIK ARP
DYLAN BRAND
GIOVANIA DIERGAARDT
WILLIQUE LE ROUX
MIAS LOUW
MIEKE SKINNER
HANDRÉ SMAL
JD SWANEPOEL
RIANCO VAN DER WATT

Baie geluk julle. Ons is trots op julle.
Laai Meer