Video’s

Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons
πŸ’™ Vriendelikheid kos niks, maar beteken alles. πŸ’™

’n Klein daad van omgee kan hoop bring, harte raak en iemand se dag verander. Kom ons kies elke dag om vriendelikheid uit te leef β€” want die wΓͺreld het meer liefde, omgee en goeie mense nodig. 🌟

#kykwatdoenndaller
#Vriendelikheid
#Kindness 
#MaakNVerskil
πŸŽ‰ Goeie nuus vir ons gemeenskap! Ons brug is weer oop vir voertuie, en alles begin stadig maar seker terugkeer na normaal.

Ons oggend β€œstap-uitstappies” saam met die leerders is nou iets van die verlede β€” en al was dit soms uitdagend, het dit ook iets besonders gebring. Daar was saamstap, saamlag, omgee en ’n gemeenskapsgees wat ons nie gou sal vergeet nie. ❀️

Baie dankie aan elke personeellid, ouer, bestuurder en leerder wat met geduld, begrip en positiewe gesindheid hierdie tyd aangepak het. Julle het gewys wat dit beteken om saam sterk te staan.

Ons gaan die oggende mis… maar ons harte bly dankbaar dat almal weer veilig en maklik kan reis. πŸšπŸŒ‰
Soms wys moeilike tye vir ons wat ware gemeenskap beteken. πŸŒ‰β€οΈ

Na die skade aan ons brug in Vredendal, mag dit nou slegs deur voetgangers gebruik word. By LSV het ons besluit om nie net toe te kyk nie, maar saam met ons leerders die pad te stap β€” letterlik Γ©n figuurlik.

Ons personeel stap soggens saam met die kinders oor die brug, wees sigbaar, bied ondersteuning en sorg dat elke leerder veilig, rustig en welkom voel. Van daar af vervoer ons hulle met busse veilig tot by die skool.

Dis vir ons meer as net vervoer. Dis om hande te vat, moed te gee en vir ons kinders te wys:
β€œJy hoef nie alleen deur moeilike tye te gaan nie.”

Ons is ongelooflik trots op ons leerders se deursettingsvermoΓ«, ons ouers se samewerking en elke personeellid wat elke dag bereid is om daardie ekstra myl te stap. πŸ’™
Saam staan ons sterk.
Saam bou ons hoop.
Saam dra ons mekaar.
MINI-NETBAL
Ons o.7 tot o.9 Netbalspelers sien uit na die PEP Mini-netbalfees!

#pepmininetbal 
#augsburg 
#NetbalSA
Ten spyte van die uitdagende omstandighede waarin ons dorp tans verkeer, is ons dankbaar vir elke kind wat veilig by die skool kan wees.

Saam het ons gister stilgestaan by die betekenis van Hemelvaartdag – ’n dag van hoop, geloof en die herinnering dat ons nooit alleen is nie.

Mag hierdie tyd van beproewing ons as gemeenskap nader aan mekaar bring, en mag ons bly vashou aan die wete dat daar altyd hoop is, selfs in moeilike tye.
Boodskap van ons waarnemende hoof Mnr. Dirk van Niekerk
Vandag neem ons met dankbaarheid en β€˜n tikkie hartseer afskeid van ons skoolhoof, mnr Riaan van der Watt, na 6 jaar van toegewyde diens.

Mnr Van der Watt, u leiding, visie en omgee het β€˜n blywende merk op ons skool gemaak. U het nie net as hoof opgetree nie, maar as mentor, rolmodel en iemand wat werklik omgegee het vir elke leerder en personeellid.

Ons wil ook vir mev Jolandi van der Watt opreg bedank vir haar betrokkenheid en bydrae tot ons skoolgemeenskap. Julle het saam β€˜n verskil gemaak wat nog lank onthou sal word.

Ons wens julle alle voorspoed, geluk en seΓ«n toe met die nuwe hoofstuk wat voorlΓͺ. Mag dit gevul wees met nuwe geleenthede, vreugde en sukses.

Baie dankie vir alles wat julle vir ons skool beteken het – julle sal beslis gemis word!

#ysterslypyster 
#dallerkampioene
πŸ’™ Vandag het ons by die skool WΓͺreld Outisme Dag gevier – ’n dag om bewusmaking te skep, begrip te bou en verskille te vier.

Ons leerders en personeel het saamgestaan om te wys dat elke kind uniek is en op sy/haar eie manier die wΓͺreld spesiaal maak.

 Deur liefde, geduld en aanvaarding kan ons ’n plek skep waar elkeen voel hulle behoort.

Kom ons onthou: anders beteken nie minder nie – dit beteken net uniek en besonders. πŸ’™

Dankie aan almal wat deelgeneem en hierdie dag so betekenisvol gemaak het!
WΓͺRELDBOEKEDAG 2026 -

DEEL 2
WΓͺRELDBOEKEDAG 2026

DEEL 1

Ons Dallers doen dinge altyd met passie en oorgawe. Ons Kampioene het vandag soos hul gunsteling boekekarakter aangetrek en gelees dat die biesies bewe.

Boeke en lees maak ons opgewonde!

#dallerkampioene
#lesersispresteerders
TERREIN

Ons terrein is gedurende die eerste kwartaal opgeknap en nou kan ons spog met die eindresultaat. 

Daar word baie hard gewerk by ons skool en dit bring mee dat ons vir ons leerders net die beste geleenthede en fasiliteite kan bied. 

Baie dankie aan elke leerder, ouer, ondersteuner, beheerliggaamlid en opvoeder wat elke dag saam met ons hard werk om ons skool te verbeter. Ons waardeer elkeen se insette opreg🀩

Video deur Henlo Du Toit 

#dallerkampioene
#dallertrots
#saamisonsbeter
🍎🍏 ’n Opregte dankie uit ons harte! 🍏🍎

Lea en Jana Martin se oupa,ouma en oom het gister ’n besonderse gebaar van omgee getoon deur elke leerder Γ©n personeellid op ons skoolterrein met ’n heerlike appel te bederf.

Sulke klein gebare maak ’n groot verskil en herinner ons weer hoe spesiaal ons skoolgemeenskap is. Baie dankie vir julle vriendelikheid en omgee – dit word opreg waardeer!

❀️ Saam groei ons sterker.
SPORT: KWSS

28 Maart tot 1 April 2026
Vandag moet ons groet...

Liewe YolandΓ© Cronje en Melissa Goosen

Dit is met swaar harte, maar ook met opregte dankbaarheid, dat ons vandag van julle afskeid neem. 

Julle het nie net as onderwyseresse ’n verskil gemaak nie, maar ook as mense wat omgee, inspireer en elke dag lig gebring het na ons skool.

YolandΓ© en Melissa, julle passie vir onderrig, julle geduld en julle liefde vir kinders het diep spore gelaat. Maar wat ons altyd sal bybly, is julle aansteeklike lag – die manier waarop julle ’n klas, ’n personeelkamer en selfs ’n moeilike dag kon ophelder met julle vrolikheid en positiewe gees.

Julle het nie net kennis gedeel nie, maar ook vreugde. En dit is ’n gawe wat nie maklik vervang kan word nie.

Die leemte wat julle los, gaan groot wees, maar ons weet dat julle nuwe pad vol seΓ«ninge, groei en nuwe geleenthede sal wees. Hou aan om oral waar julle gaan, daardie lig en lag te versprei.

Baie dankie vir alles wat julle vir LSV beteken het. Julle sal opreg gemis word.

Beste wense vir die pad vorentoe 🌸
Wat β€˜n ongelooflike Gesinsfees! ❀️

Dankie aan elkeen wat deel was van die lag, lekker gesels, die kos, musiek en saamwees.

Dis spesiale oomblikke soos hierdie wat ons herinner hoe kosbaar familie en vriende regtig is.

Ons harte is vol en ons is dankbaar vir elke herinnering wat gemaak is.

Ons wil spesiaal dankie sΓͺ vir Markus du Toit, 'n Gr.7-leerder, wat hierdie spesiale onthou oomblikke vir ons vasgevang het en 'n pragtige video daarvan gemaak het. Nou sal ons die Gesinsfees vir nog jare onthou.

Ons kan nie wag vir die volgende een nie! 🌿✨

#Gesinsfees #Dankbaar #Saamwees
Desmond Wells ons wag vir jou, ons is die party. 

Waar wil jy wees? Saterdagaand by Laerskool Vredendal se Gesinsfees.

Ons sien jou daar.
Desmond Wells hier by ons Gesinsfees, moet dit nie mis nie.
πŸŽ‰ Nog net 3 dae! πŸŽ‰

Die opwinding bou op en ons harte is vol vreugde! 🌟

Kom vier saam met ons by die Gesinsfees – β€˜n tyd van lag, liefde en saamwees.

Bring jou familie, bring jou vriende en kom maak onvergeetlike herinneringe. πŸ’›

Daar gaan iets vir almal wees – pret, kos en goeie geselskap!

Ons sien julle oor 3 dae! πŸ₯³

Moet dit nie misloop nie!
πŸ’ƒπŸ•Ί SOKKIE BY DIE GESINSFEES! πŸ•ΊπŸ’ƒ

Kom geniet ’n aand van lekker musiek, dans en kuier saam met familie en vriende!

πŸ“… Datum: 20 Maart
πŸ“ Plek: Saal
⏰ Tyd: 19:00-21:00

Trek jou dansskoene aan en kom sokkie saam onder die sterre! ✨

Daar gaan lekker musiek, goeie geselskap en hope pret wees vir almal.

🎢 Moenie dit misloop nie – bring jou LSV maat en kom dans!

#Gesinsfees #Sokkie
🌟GESINSFEES NAWEEK🌟

Maak gereed vir ’n naweek vol pret, lag en lekker kuier vir die hele gesin! πŸ‘¨β€πŸ‘©β€πŸ‘§β€πŸ‘¦

Kom geniet die Laerskool Vredendal Gesinsfees β€˜n naweek waar vriende, familie en die gemeenskap saamkom vir heerlike kos, vermaak en hope pret! πŸ”πŸŽˆπŸŽΆ

🎟️ Koop jou kaartjies vandag nog en maak seker jy mis nie hierdie fantastiese naweek nie. 

Ons sien JOU daar!
Die tyd het nou aangebreek dat u op die WKOD se aanlyn toelatingsplatform vir graad R en 1 (2027) aansoek moet doen.

Belangrike datums:
β€’ 10 Maart 2026: Die WKOD se aanlyn stelsel open
 https://www.westerncape.gov.za/education/service/learner-admissions

β€’ 14 April 2026: Die WKOD se aanlyn stelsel sluit.
Ons Graad 4-leerders leer hierdie kwartaal in NWT oor verskillende habitatte. Hulle kon enige habitat kies en moes dit dan visueel uitgebeeld het. 

Dit was wonderlik om te sien hoe kreatief en innoverend die leerders gewerk het. Van woud, see, grasveld, rivier tot woestynhabitatte.
🐬πŸͺΌπŸ¦πŸ‹πŸΈπŸ¦πŸ―πŸ¦ŠπŸ¦’πŸ¦
🎩✨ MOET DIT NIE MISLOOP NIE! ✨🎩

Die ongelooflike Alexander May kom na ons Gesinsfees toe!

Maak reg vir: 🎩 Verstommende kulkuns

🐰 Towertruuks wat jou oë laat rek
🀣 Pret en lag vir die hele gesin
πŸŽ‰ Interaktiewe vermaak vir oud en jonk

Hy gaan jou laat wonder: β€œHoe het hy dit gedoen?!”

πŸ“… Datum: 20 Maart
⏰ Tyd: 16:00
πŸ“ Plek: A Rugbyveld onder die TENT
πŸ’΅ Prys: R50

Bring die kinders, bring Ouma en Oupa – hierdie gaan ’n vertoning wees wat jy nie sommer sal vergeet nie!

✨ Sien jou daar! ✨
πŸ”AKADEMIEπŸ”Ž
By Laerskool Vredendal bly ons eerste prioriteit om kwaliteit onderrig aan elke leerder te bied. 

Assesserings is volstoom aan die gang.

Ons graad 7's ondersoek plante en bepaal n.a.v. die dele van die plant of dit monokotiel (eensaadlobbig) of dikotiel (tweesaadlobbig) is.

Sterkte aan al die leerders wat reeds besig is met voorbereiding vir assesserings.

Harde werk gee kinderdrome vlerke!
#dallerkampioene
Vandag se dans oudisies was propvol energie en sommer baie talent. 
Ons is opgewonde oor die dansseisoen wat voorlΓͺ.
🌧️ ReΓ«ndae beteken nie rusdae vir Graad 2 nie! πŸ’ͺ

Wanneer die weer goor is en ons nie buite kan oefen nie, trek ons Graad 2’s sommer binne-in die saal die gym nader. πŸ€Έβ€β™‚οΈπŸ€Έβ€β™€οΈ

Met hope energie, groot glimlagte en baie lag, wys hulle dat oefening enige plek kan gebeur – solank daar entoesiasme is! 🌟

Ons is trots op ons klein kampioene wat altyd hul beste gee, maak nie saak wat die weer doen nie. 

#Graad2 #RekEnStrek #EnergieVol
🎀🌟 REGSTREEKS BY ONS GESINSFEES! 🌟🎀

Ons is SUPER opgewonde om aan te kondig dat Desmond Wells hierdie jaar ons verhoog gaan laat LEWE! 🎢πŸ”₯

Kom geniet ’n aand vol energie, lekker musiek en groot saam-sing oomblikke saam met familie en vriende. Dis die perfekte kombinasie van fees, pret en fantastiese vermaak!

πŸ“ Moet dit nie misloop nie!
πŸ“… Bring jou kampstoel, jou dansskoene en jou feesgees!

Hierdie gaan ’n gesinsfees wees om te onthou! πŸŽ‰
#Gesinsfees2026 
#20en21Maart
πŸ‡ Graad 2 op uitstappie! πŸ‡

Ons graad 2 leerders het die geleentheid gehad om die plaaslike trots, Namaqua Wines, te besoek! 🍷

Die leerders het meer geleer oor hoe druiwe van die wingerd tot in die kelder verwerk word, en hoe harde werk en samewerking β€˜n verskil maak. Dit was β€˜n leersame en opwindende ervaring vol nuwe kennis en groot glimlagte! πŸ˜„

Baie dankie aan die span van Namaqua Wines en Die Keldery & Red Ox Vredendal   vir julle gasvryheid en vriendelike ontvangs. Ons waardeer dit opreg!

#LaerskoolVredendal #Graad2 #Uitstappie #TrotsOpOnsGemeenskap
πŸŽ‰ GESINSFEES 2026! πŸŽ‰
πŸ“… 20 & 21 Maart

Kom geniet ’n naweek propvol pret, lag en lekker eetgoed saam met die hele gesin! πŸ‘¨β€πŸ‘©β€πŸ‘§β€πŸ‘¦

🌭 Smullekker kos
🎢 Vermaak vir oud en jonk
🎈 Aktiwiteite vir die kinders
πŸƒ Pret en opwinding vir almal

Bring jou familie, nooi jou vriende en kom maak saam herinneringe wat lank sal hou!

πŸ“ Moet dit nie misloop nie!
Hou ons blad dop vir meer besonderhede.

#Gesinsfees2026 
#FamiliePret 
#20en21Maart
Ons vier respek, vriendelikheid en omgee, maar liefde oorwin alles.

#valentinesday
Ons Graad 4’s is die week hard aan die werk met instruksietekste. Hulle het eers heerlike kolwyntjies in die klas gebak 🍰 en daarna stap vir stap die resep neergeskryf.

Wat ’n lekker manier om te leer…….lees……..doen Γ©n skryf! πŸ‘©β€πŸ³πŸ“–βœοΈ
Ons is trots op hierdie ywerige leerders.
NΓ‘ sΓ³ ’n Bidbeertjie-oggend kan ’n mens net dankbaar wees. πŸ§ΈπŸ’›

Baie dankie aan elke teddie-tannie vir julle liefde, tyd en insette.
’n Spesiale dankie aan tannie Riana met Pokkels en Bytjie, en ook aan EDK oom Pieter en oom Tollie; vir julle betrokkenheid en warm harte.

Ons kinders is waarlik bevoorreg by Laerskool Vredendal.
Almal het gevra en hier is dit nou... Ons kleureatletiek se podium foto's.
Hierdie is 'n produk van een van ons graad 7-leerders, Markus du Toit. Hy het uit sy eie besluit om ons Sone atletiek vas te vang op kamera en die pragtige video te maak.

Dankie Markus, nou weet ons op wie se knoppie ons kan druk.
KLEUREATLETIEK 2026πŸ’›πŸ’š

Na 'n heerlike dag op die atletiekbaan, stap die Geelspan met die puntebeker weg. Die Groenspan se gees was uitsonderlik en hulle wen die geesbeker. Baie geluk aan albei spanne!

Ons is trots op al ons Daller-atlete.

Laai gerus die Roster Athletics toepassing af vir volledige uitslae van al die items. 'n Eerste vir skole-atletiek!  

#dallertrots
#dallerkampioene
#dallerbaanbrekers
Is jy geel of is jy groen?

Nee, ons is Dallers...

Ons is sterk besig met voorbereiding vir atletiek, groen en geel, almal saam maak ons 'n sterker span, maar kom Donderdag en Vrydag...
LV-KAMP 2026
Ons leerderverteenwoordigers van 2026 het hierdie naweek 'n leierskapkamp op Strandfontein bygewoon. Ons LV's het baie geleer, baie gespeel en hope spangees gebou. Wat 'n voorreg!

Baie dankie aan elke ouer en onderwyser wat hierdie ontwikkelingsgeleentheid vir ons leiers moontlik gemaak het.

#reΓ«nboogwaardes
#dallerkampioene
123...Daar begin 2026 se skooljaar by LSV.

Hou vas,hier gaaaaaan ons.✈️

1ste dag dinge
Laai Meer