Video’s

Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons
Gelukkige Moedersdag aan ál die mammas en oumas van Laerskool Vredendal! 

Wat is n ma...
‘n Ma is gemaak van staal, liefde, uithouvermoë en ragfyn kant. Haar vel is lekker dik, sy steur haar min aan tiener buie en geite. Sy weet ook baie goed, tieners sê selde wat hulle bedoel en bedoel selde wat hulle sê. In haar diepste wese is sy aanmekaar gesit met ‘n tikkie wysheid, oorvloed geduld en ‘n goeie handvol genade. Moet nooit vergeet nie: ‘n Ma was ook eendag op ‘n reëndag ‘n tiener, en as sy baie mooi en baie ver terug dink kan sy onthou van ‘n onsekere dogtertjie wat in ‘n jongmeisie lyf vasgevang was.

‘n Mamma hart is groot, daar is altyd plek vir nog enetjie, dis groot genoeg om ‘n ander mamma se kinders ook lief te hê! Weet maar net dieselfde mamma het ‘n hart van ‘n leeuwyfie, sy sal haar kinders ten alle koste beskerm en veilig hou. Sy bid al vandat hulle bitter klein is vir haar eendag se skoondogters en skoonseuns. ‘n Biddende ma bid vir haar eie kinders, maar ook vir die kinders van die wêreld.

Soms bly daar vir ‘n ma niks anders oor as om te bid vir wysheid nie, eers bietjie te dink, te bid en dan te praat. Haar druppels wysheid uit die hemel se skatkamers smeek sy af van die God van die hemel en die aarde.

Soms, vir ‘n oomblik is ‘n ma van onsekerheid aanmekaar gesit, en sy het nie altyd al die antwoorde en al die wysheid in pag nie, sy voel soms oormoeg en soms ‘n bietjie moedeloos, maar nooit vir te lank nie. Soms breek haar hart en sy huil saggies waar haar kinders haar nie kan sien nie, maar dis altyd kortstondig, want sy weet sy het baie om voor dankbaar te wees en Sy weet die groot Vertrooster vat haar hand elke keer sonder vrae, sonder om te vra: “Wat is verkeerd?”

Dis verseker ook so dat ‘n ma soms moet weerloos wees, en soms moet sy kan huil sodat die mense in haar huis en veral haar kinders weet sy is ook maar net mens, onvolmaak, onperfek…feilbaar. Ma’s weet hulle is nie volmaak nie, allesbehalwe, hulle weet ook dat daar partykeer niks anders oorbly as om te sê: Ek was verkeerd. Ek is jammer. Vergewe my.

‘n Ma is selde nie besig nie, daar is altyd nog iets wat moet gedoen word, ‘n ma word nooit moeg om goed te doen nie (Gal. 6:9) By die werk, by die kerk, by die skool. ‘n Ma hou nie daarvan om na haar kinders se baie verskonings te luister nie… maar sy is die ene wat vinnig verskonings namens hulle maak by ander mense. ‘n Ma kan alles doen en alles wees in een: Berader, taxi, kitsbank, aanmoediger, noem dit maar op, sy is dit reeds.

‘n Ma moet so ingestel wees op die welsyn van haar kinders, groot en klein, dat sy die seer raaksien in hul oë lank voor die emosies soos lawa by ‘n berg uitskiet, lank voor die hartseer en teleurstelling stofpaadjie-trane oor hul wange loop. Al beleef ‘n ma soms hand-in-die-hare oomblikke en voel sy alleen ten spyte van rumoerigheid en oproerigheid in die huis, is dit God wat haar telkemale per dag in Sy arms in trek. Wat haar oor en oor verseker, jy was nog altyd genoeg.

Daar kom tye dat ‘n ma se hart so vol bekommernis is dat sy skaars kan asem kry tot in haar longe, wanneer sy in ‘n enkele moment ‘n paar jaar ouer en gryser word, maar wanneer sy weer onthou om asem te haal dan hoor sy so duidelik die stem van God wat sê: Werp jou bekommernisse op My want Ek sorg vir jou en jou kinders en jou man. (1 Pet. 5:7)

Daar is baie genade uit die hemel vir hierdie ma-wesens wat dikwels meer as 24 uur per dag aan die gang is, wat pleisters opplak, eina’s gesond soen en eers rustig kan slaap as haar eie kroos veilig in die bed is. ‘n Ma deins nie terug vir Goliat uitdagings nie. Sy pak die bul by die horings en sy doen wat sy moet doen omdat sy kan, want sy is ‘n ma wat weet waar haar daaglikse brood en krag vandaan kom.

Elke ma leef met die besef in haar hart dat sy elke minuut van elke uur van elke dag afhanklik is van die EEN wat haar gemaak het. Soms wanneer jy mooi kyk, kan jy sien hoe ‘n ma die glans van die hemel en die hart van God weerkaats. Soms hoor jy hoe sy saggies met Hom praat, kompleet asof Hy daar reg langs haar staan.

Weet jy wat is die mooiste deel van ma-wees? Jy hoef nie by die berg op te sukkel om God te gaan ontmoet nie, nee wat, Hy kom sommer af en kom ontmoet jou tussen vuil wasgoed en skottelgoed wat nooit op raak nie. Hy kom ontmoet jou sommer net daar waar jy is, weet net in elke mamma se hart leef daar ‘n klein dogtertjie met ‘n wit rok wat altyd smag na haar eie ma, veral wanneer die lewe haar voete onder haar uitskop en sy weerloos en alleen op die klipharde grond bly lê.
Hemelvaart 2024

Vandag kon ons vele harte raak met 'n pragtige boodskap van juf. Gideonie af, ons kan die Here loof en prys deur lekker samesang en elke leerder het 'n papiervliegtuig met 'n spesiale boodskap gemaak, om vir 'n maat vandag hoop te gee.
' n Spesiale dag vol hoop en 'n belofte dat Hy weer sal kom.
Uit die klaskamer:

Dis lekker in die Graad 7 NW klas. Ons leer van die eerste 20 elemente van die perdiodieke tabel.
Ons Graad 5's vertrek vanoggend op die SOS-kamp buite Villiersdorp.  Vir die volgende 5 dae is dit skool op safari vir hulle.
By LSV is RESPEK vir ons n prioriteit!
Baie dankie aan ieder en elk wat ons B-Liga dag ondersteun het. Dit was n heerlike dag en sport het geseëvier.✨️
Ons rugby manne werk hard aan vaardighede! Dankie aan elke speler en afrigter vir julle harde werk op n Vrydagmiddag💪

Harde werk gee kinderdrome vlerke!
Baie sterkte aan al die Dallers wat môre aan die streeksproewe op Lutzville deelneem. 

Ons Sportdag vir B-spanne vind ook Saterdag by LSV plaas. 

By Laerskool Vredendal is daar altyd AKSIE!
Hier is 'n lekker geleentheid om op hoogte te bly(teen 'n goedkoper prys) met die jongste nuus en terselfdertyd die skool te help.

Hierdie is 'n kompetisie waaraan skole landswyd deelneem, daar is pryse om te wen. Ondersteun ons gerus deur die skakel te volg. 

https://www.netwerk24.com/intekening/promosie/vred100
Ons is reg vir KWARTAAL 2💪
Sterkte aan ons 5 atlete wat gedurende die vakansie aan die SA-kampioenskappe in Polokwane, Limpopo, deelneem.

Ons o.13 rugby- en netbalspanne sal ook gedurende die vakansie in aksie wees by die Kobus Wiese Super Series toernooi by Laerskool Noord-Eind 

#dallertrots
Dis vakansietyd🌊🎊💫
By LSV kom ons akademie altyd eerste! As deel van die kurrikulum het die gr. 7's hierdie kwartaal plante ondersoek. Een- en tweesaadlobbiges is beslis nie meer vir ons n uitdaging nie.
WES-KAAP ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE

Laerskool Vredendal is ongelooflik trots op ons 8 atlete wat Bolandkleure verwerf het.  Hulle neem môre aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in die Paarl deel.

“Harde werk gee kinderdrome vlerke”
LSV ontvang so baie vanuit die gemeenskap, nou wil ons teruggee ook deur deel te wees van Vredendal Buurtwag se nuwe projek.

Ons nooi almal uit...
Beskerm jouself... 
Beskerm jou eiendom... 
Beskerm jou dorp...
Beskerm ons skool.

Kom ons slaan misdaad 'n uitklophou en raak deel van die projek.
Ons 0/7  - 0/9 rugby het gister met oefening afgeskop. Die seuns is baie entoesiasties en opgewonde oor die 2024 seisoen. Hier kom 'n ding.
Sterkte alle Dallers met julle toetsreeks wat Vrydag, 1 Maart afskop!
Gr. 2 Keldery uitstappie

Op Vrydag, 23 Februarie het 92 leerders van Laerskool Vredendal die Keldery besoek en die proses van druiwe na druiwesap beleef. Hulle het op die weegbrug gestaan en ook gekyk hoe druiwe se suikergehalte getoets word. Hulle het ook gesien hoe die vragmotors die druiwe aflaai en na die maalproses gekyk. Oom Jaco het vir hulle die verskillende maniere van gis geleer. Tannie Helen het hulle laat druiwesap proe. Daarna het hulle heerlik piekniek gehou en met moeë lyfies weer terug gery met die skoolbusse.
Baie sterkte aan al ons atlete wat môre in Paarl aan die Boland Atletiek-Byeenkoms gaan deelneem.
Julle maak ons trots.
Geniet ‘n virtuele reis deur Laerskool Vredendal.

Ons is trots op ons fasiliteite. Ons spog met moderne sportfasiliteite, opgegradeerde tennisbane, netbalbane en krieketnette. Ons het lowergroen rugbyvelde met ‘n elektroniese telbord en ook ‘n nuwe netbalbaan met elektroniese telbord. Die Grondslagfase se terrein is netjies geplavlei en talle meer. Kom sien vir uself.
... en die belangrikste is liefde. ❤️❤️❤️❤️
Op Maandag 12 Februarie het ons  weer aan die jaarlikse Driehoek- atletiek-byeenkoms deelgeneem. Hierdie jaar was die byeenkoms by Augsburg Landbougimnasium aangebied. Tussen Laerskool Vredendal, Augsburg Landbougimnasium en Laerskool Olifantsvallei Blad  het die atlete dinge uitgespook om die beker te wen. LSV stap vir die 2de jaar in 'n ry weg met die wenbeker.

Ons atlete was skitterend. Twee van ons atlete word aangewys as Victrix- en Victor Ludorum:
Dane Lans - Victrix Ludorum
HW Anthonissen- Victor Ludorum

Baie dankie aan die deelnemede skole wat die dag saam ons geniet het.
Ons Nasorg leerders is Vrydag lekker bederf by die nasorg. Kom raak deel van die span, dis lekker.
Kabouterkampus het verlede week se boeke week afgesluit met elke leerder wat soos hulle gunsteling karakters aangetrek het. Dis vetpret by ons Kabouters.
Sterkte aan al ons atlete wat vandag aan die Driehoekbyeenkoms op Clanwilliam deelneem!
Op 2 Februarie 2024 was dit LSV se jaarlikse klokluiseremonie en elke Gr. 1 leerder het 'n klein bidbeertjie ontvang. 
Die klokluiseremonie is' n simbool van 'n nuwe begin en fase in ons leerders se lewe en die beertjie bring 'n gevoel van veiligheid, sorg en troos. Dankie aan elke teddie-tannie wat vir ons leerders gebid het. Hierdie beertjie dra die bewys van 'n gemeenskap wat saamstaan, saambid en omgee vir mekaar.
Nog lekker Kleure-Atletiek. Baie dankie Reino le Fleur vir die neem en maak van die video. Lekker herhinneringe wat vasgevang word, groenes kry dit nie elke jaar reg om te wen nie. Baie geluk groen, julle was goed. Baie dankie aan elke leerder se deelname wat die dag so groot sukses gemaak het, julle is kampioene.
Kleure-atletiek 2024. 💚💛💚💛💚💛
Dankie vir ons LV's se bidbeertjies♡
Ons leerderverteenwoordigers van 2024 het hierdie naweek die voorreg gehad om n leierskapkamp op Platberg, naby Calvinia, by te woon.  Om jouself beter te leer ken in die natuur, is beslis die grootste leermeester.

Elke LV-lid het ook n bidbeertjie ontvang. Dankie aan elke bidbeertjie-tannie wat vir ons bid.
Vakansie is verby... So ook die eerste week van 2024 se skooljaar. Ons skop die jaar vol pret af, waar gaan ons eindig??
Laai Meer