Foto’s

Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons
Baie geluk juffrou Chimone.
PERSONEEL
Ons Daller-personeel spog met splinternuwe hempies. 

Baie dankie Mnr. en Mev. Harris van Vanrhynsdorp Apteek vir u ruim borgskap. Ons het groot waardering daarvoor.

#dallertrots
Baie sterkte vir Ava Vollgraaff, Arina Wessels en Jana van der Westhuizen wat vandag jul UNISA teorie eksamens gaan skryf.
Brenton Cupido se skaak uitslae te Riebeeck Vallei , 23 Mei.

- Brian vd Schyff wen 5 / 5 borde
- ⁠Adrian Muller wen 3 / 5 borde
- ⁠Ezrah Avontuur wen 5 / 5 borde
- ⁠Eli Kilian wen 3 / 5 borde

0/11 D kampioen - Ezrah Avontuur
0/11 S 10de plek - Eli Kilian
0/13 S kampioen - Brian vd Schyff
Baie sterkte aan Ané van Schalkwyk, Carlynn-Faye de Villiers en Elizabeth Engelbrecht wat vandag hul UNISA teorie eksamens aflê. 🎶
o.13 RUGBY EN NETBAL

Dagboek dié datum. Jy wil dit NIE misloop nie!

#dallers 
#dallersstaansaam
RUGBY 
Baie geluk aan ons 3 Dallers wat gekies is om die Boland o.13- Cravenweekspan te verteenwoordig. Die toernooi vind hierdie jaar vanaf 28 Junie tot 3 Julie by Grey Kollege in Bloemfontein plaas. 

Sterkte met die voorbereiding vir Cravenweek. Ons is trots op julle.

#dallertrots
#dallerkampioene
NETBAL

Baie geluk aan ons 3 Dallers wat in die onderskeie Wes-Kaap en Weskusspanne opgeneem is. 

Weskus neem vanaf 15-18 Julie aan die Wes-Kaap Interdistriktoernooi te Bredasdorp deel!

#dallers
#dallertrots
#dallerkampioene
♟️ Wes-Kaap Skaaktoernooi – Gansbaai (16–17 Mei) ♟️

Baie geluk aan ons leerders met hul deelname en puik prestasies tydens die Wes-Kaap Skaaktoernooi in Gansbaai. Julle deursettingsvermoë, konsentrasie en sportmangees maak ons trots! 👏

Uitslae: 
♟️ Ava Vollgraaff – wen 4 uit 6 borde
♟️ Alexander Vollgraaff – wen 3 uit 6 borde
♟️ Anchalee Abrahams – wen 3 uit 6 borde
♟️ Khan van Zyl – wen 2 uit 6 borde
♟️ Alexander van Huyssteen – wen 1.5 uit 6 borde

Baie dankie aan die ouers en afrigters vir julle ondersteuning. Julle harde werk en toewyding dra beslis vrugte! 🌟♟️
Baie geluk tannie Debbie.
NETBAL
Die finale proewe vir die Wes-Kaap spanne het gister en vandag op Riversdal plaasgevind. 

Ons is baie trots op Kiahna Campbell wat ingesluit is as lid van die o.13 Wes-Kaapspanne. 

Sy neem vanaf 26 Junie tot 2 Julie aan die All Ages Netbaltoernooi (SA's) in Boksburg deel.

#dallerkampioen 
#dallertrots
Baie geluk tannie Nanette.
Baie geluk aan ons 8 rugbyseuns wat in die Boland groep van 69 opgeneem is. Hierdie seuns gaan die naweek aan die finale rondte Boland proewe deelneem in Rawsonville.

Baie geluk seuns en sterkte.

Gaan maak ons trots.
#ysterslypyster
Baie geluk juffrou Carina.
Baie geluk juffrou Gideonie.
✨ Geseënde Hemelvaartdag ✨

Mag hierdie besondere dag ons herinner aan Christus se oorwinning, Sy liefde en die hoop wat Hy vir ons gee. 🙏

By Laerskool Vredendal glo ons dat elke kind geroep is om met geloof, moed en dankbaarheid te leef. Soos Jesus opgevaar het na die hemel, weet ons dat Hy steeds met ons is — elke dag, in elke klas en op elke speelgrond.

Mag ons as skoolgemeenskap aanhou groei in geloof, liefde en diensbaarheid.

🌿 “Ek is by julle al die dae, tot aan die voleinding van die wêreld.” – Matteus 28:20

Seënwense aan al ons leerders, ouers en personeel.
Baie geluk juffrou Maryke.
Baie geluk juffrou Kari.
Die Vrou – C. J. Langenhoven

Die wêreld is maar half gemaak,
sonder die vrou se deel;
sy gee aan alles wat bestaan
sy siel en sin en seël.

Sy is die lig in donker dae,
die krag in tye van nood;
sy staan vas langs die man se pad,
deur lewe en deur dood.

Sy bou die huis, sy dra die kind,
sy hou die liefde rein;
sonder haar sou die mensdom self
verlore en leeg moes wees.
Baie geluk juffrou Ellie.
Pos beskikbaar by ons nasorg. Volg asseblief instruksies op advertensie.
Baie geluk juffrou Ruthie.
Baie geluk juffrou Nulani.
NETBAL
Kiahna Campbell, Miné von Solms (o.13) en Gizelle Gelderbloem (o.12) is na afloop van die Weskusproewe genooi om aan die Wes-Kaap netbalproewe op 16 Mei in Worcester deel te neem.

Baie geluk met hierdie mooi prestasie.

#dallertrots
Baie geluk aan ons 10 seuns wat in die NWB-rugbyspan opgeneem is! 🏉 

Julle harde werk, deursettingsvermoë en passie vir die spel het beslis vrugte afgewerp. 

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle – geniet elke oomblik en dra ons naam met trots! 💪🔥
Baie geluk juffrou Adene.
Baie geluk aan ons 12 seuns wat na harde proewe in die Sone-rugbyspan opgeneem is! 🏉 

Julle toewyding, deursettingsvermoë en spanwerk het werklik vrugte afgewerp.

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle – hou aan om julle beste te gee en geniet elke oomblik van die ervaring. 

Julle verteenwoordig ons met trots! 💪🔥

Groep:Erik Basson,Geo Klein,Lyle Stewe,Handré Smal,Jean du Preez, Markus du Toit,CG Bessinger, Marcherano Finana, Yasin Hamed, Carstin Vispi,T-Jay Klaase, Eli Julies en Daniël Stemmet in sy afwesigheid.
NETBAL - WESKUSPROEWE

Baie sterkte aan ons 7 dogters wat vandag aan die Weskusproewe op Hopefield deelneem. Ons weet julle sal soos ware Daller kampioene speel.

o.11
Bethany Johanneson

o.12
Amika la Meyer
Gizelle Gelderbloem

o.13 
Miné von Solms
Skyelar Cloete
Ava Isaacks
Kianha Campbell
Baie geluk tannie Raymundah
Baie dankie aan Quinton Brand  vir sy ongelooflike gebaar om ons 0/11Rugby-toerspan met Wimpy te bederf na hul harde werk en uitstekende rugby tydens die Riebeeck Kasteel-toer. 🍔👏

Ons waardeer dit opreg – sulke ondersteuning maak ’n groot verskil en motiveer ons jong spelers om aan te hou hul beste te gee. Dankie dat jy in ons kinders belê! 💙🏉
Laai Meer