Musiek
Die pragtige klanke van blokfluit, klavier en sang vul die gange van ons skool van vroeg soggens tot saans.

Rensche Verwey
Musiek
Musiekonderrig
‘n Gespesialiseerde onderwyser bied professionele onderrig in klavier, blokfluit, sang en teorie aan. Lesse vind tydens en na skoolure plaas. Praktiese en teoretiese werk word tydens lesse geïnkorporeer.
Leerders word aangemoedig om deel te neem aan eisteddfods, Indien leerders gereed is word hul ingeskryf vir UNISA praktiese- en teoretiese eksamens. Ons behaal jaarliks uitstekende resultate, met leerders wat op UNISA se Ererol geplaas word.
Leerders kry ook die geleentheid om aan Calvinia Eisteddfod, Klawer Kunste, Konserte en spesiale optredes deel te neem.
Eisteddfods
Ons neem jaarliks deel aan die Olifantsvallei Eisteddfod, Calvinia Eisteddfod en Klawer Kunste. Leerlinge kan deelneem aan verskillende kategorieë. Dit sluit voordrag, poetry, koor, sang, blokfluit, klavier, spreekkore, danse, visuele kuns en fotografie in.
Ons leerders presteer jaarliks uitstekend. Die prestasies word toegeskryf aan betrokke ouers, toegewyde opvoeders en professionele afrigters.
