WELKOM BY

Laerskool Vredendal

Ons Skool

Akademie

Sport

Kultuur

Inligting

Ons Skool

By Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy/haar totaliteit volgens Christelike norme op te voed.

SKOOL URE

M-V: 7:30vm – 2:00nm

ADRES

Skoolstraat, Vredendal, 8160

E-POs ADRES

admin@laerskoolvredendal.co.za

TELEFOON No

027 213 3016

Uit die Hoof se pen

In Vredendal met sy rustige, ruim en plattelandse atmosfeer is ‘n skool gevestig en gebaseer op Christelike Normes en Waardes. Ons is dankbaar dat ons ‘n skool kan wees waar ons “Kinderdrome vlerke gee” en ‘n toekomsvisie van tradisie en hoër hoogtes kan nastreef. Dit is ‘n voorreg om met kosbare kinders van ons Hemelse Vader en ouers te kan werk.

Vir ons is dit belangrik dat elke kind die geleentheid ontvang om teen sy eie tempo te ontwikkel. Sodoende vind holistiese groei plaas en word leerders toegerus om  hul plek in die samelewing vol te kan staan. Ons glo in waardegedrewe onderwys waar ons ‘n aangename leeromgewing skep vir beide kinders, personeel en ouers. As skool het ons ‘n oopdeurbeleid en ons waardeer positiewe insette vanaf die gemeenskap.

Ons akademiese standaard is baie belangrik vir die skool en met harde werk van talle rolspelers kan ons met trots sê dat ons in ons doel slaag. Op buite-kurrikulêre gebied presteer ons kinders baie goed teen die bestes en is welbekend vir spogprestasies.

Laerskool Vredendal se personeel, leerders en ouers is soos ‘n groot familie waar ons as ‘n span saamwerk om die sukses van ons skool te bewerkstellig.

Ons streef na uitmuntendheid en soos ons leuse sê: MY PLIG MY EER !
Baie welkom by LSV se Webblad

Mnr. Riaan van der Watt

Mnr. Riaan van der Watt

Skoolhoof

Skool Nuus

Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons
TENNIS - WESKUS O/11 WEN GOUD🥇

Baie geluk aan die Weskus O/11-tennisspan wat ’n uitstekende eerste plek by die Plattelandproewe behaal het!

Ons is baie trots op Jana van der Westhuizen wat die span verteenwoordig het.

Baie geluk met hierdie pragtige uitslae!

TENNIS - WESKUS O/11 WEN GOUD🥇

Baie geluk aan die Weskus O/11-tennisspan wat ’n uitstekende eerste plek by die Plattelandproewe behaal het!

Ons is baie trots op Jana van der Westhuizen wat die span verteenwoordig het.

Baie geluk met hierdie pragtige uitslae!
... See MoreSee Less

1 day ago

Comment on Facebook

Veels geluk Jana.

Baie geluk Jana!

Baie geluk Jana. Ons is trots op jou.

Trots op jou Jana!

Mooi Jana🎾👏👏‼️

Wow, mooi Jana, eks trots op jou!!!!🏆🥇

Kyk vir jou!! Trots op jou!!!

Baie geluk Jana. Welgedaan👏👏🏆🥇

Baie geluk!!!!!!

Trots op jou Jaans💪🏼🩷

View more comments

🏏 Naelskraap-oorwinning vir die 0/11A-krieketspan! 🏏

Baie geluk aan ons 0/11A-krieketspan met ’n spannende oorwinning! Die span het met 2 paaltjies en slegs 3 balle oor die wedstryd beklink.

Deursettingsvermoë en puik spanwerk het vandag die verskil gemaak! 💪🏏

Welgedaan, manne! Julle het gewys wat ’n span met hart en vasbyt kan vermag!

🏏 Naelskraap-oorwinning vir die 0/11A-krieketspan! 🏏

Baie geluk aan ons 0/11A-krieketspan met ’n spannende oorwinning! Die span het met 2 paaltjies en slegs 3 balle oor die wedstryd beklink.

Deursettingsvermoë en puik spanwerk het vandag die verskil gemaak! 💪🏏

Welgedaan, manne! Julle het gewys wat ’n span met hart en vasbyt kan vermag!
... See MoreSee Less

1 day ago

Comment on Facebook

Baie bly

Geluk julle!

Well played boys👌👏

View more comments

Graad RR en R Inligtingsaand

Graad RR en R Inligtingsaand ... See MoreSee Less

2 days ago
Graad 1 Inligtingsaand

Graad 1 Inligtingsaand ... See MoreSee Less

2 days ago
GRAAD 7-KAAPSE TOER
Ons graad 7s het die voorreg gehad om van 4 tot 8 Oktober in die mooiste Kaap te kuier. 

Ons is bederf met Geskiedenis, Wetenskap, Skeppende Kunste, Biologie, Lewensoriëntering (Prakties) en Aardrykskunde in al sy mooiste weergawes wat net die Kaap kan bied. 

Dankie Rocklands in Simonstad vir ons asemrowende verblyf en Elwierda Busdiens vir elke veilige kilometer.

#bevoorreg
#dallertrotsImage attachmentImage attachment+Image attachment

GRAAD 7-KAAPSE TOER
Ons graad 7's het die voorreg gehad om van 4 tot 8 Oktober in die mooiste Kaap te kuier.

Ons is bederf met Geskiedenis, Wetenskap, Skeppende Kunste, Biologie, Lewensoriëntering (Prakties) en Aardrykskunde in al sy mooiste weergawes wat net die Kaap kan bied.

Dankie Rocklands in Simonstad vir ons asemrowende verblyf en Elwierda Busdiens vir elke veilige kilomet#bevoorrego#dallertrotstrots
... See MoreSee Less

5 days ago

Comment on Facebook

Glo die kinders dit baie geniet.

Baie dankie aan al die onderwysers wat so mooi na ons kinders gekyk het!

Gr 7- Burgerstrandhuis Laerskool Vredendal. 1984 Margaretha Aucamp Marlene Proppie Engelbrecht Pieter De Lange

St 5 Burgerstrandhuis 1985 Laerskool Vredendal . Die lekkerste Kaaptoer. So bly die kinders gaan nog.

View more comments

🥎TENNIS🥎

Vanaf Vrydag, 9 Oktober tot Sondag, 11 Oktober neem 2 van ons tennisspelers aan die Boland Platteland Toernooi deel. 

Lienke Prinsloo (o.11) speel in Hermanus en Jana vd Westhuizen (o.12) in Montagu. Hulle verteenwoordig albei die Weskusspan.

Ons is trots op julle en wens julle alles van die beste toe!

Speel met trots, gee net julle beste en geniet elke oomblik! 

#dallertrots #plattelandproewe 
#tennisistops

🥎TENNIS🥎

Vanaf Vrydag, 9 Oktober tot Sondag, 11 Oktober neem 2 van ons tennisspelers aan die Boland Platteland Toernooi deel.

Lienke Prinsloo (o.11) speel in Hermanus en Jana vd Westhuizen (o.12) in Montagu. Hulle verteenwoordig albei die Weskusspan.

Ons is trots op julle en wens julle alles van die beste toe!

Speel met trots, gee net julle beste en geniet elke oomblik!

#dallertrots #plattelandproewe
#tennisistops
... See MoreSee Less

5 days ago

Comment on Facebook

Voorspoed Jana!!! Trots op jou!!

Sterkte Lienke ons is trots op jou ✊️🙏😘

Trots op julle! Geniet dit!💚

Sterkte julle. Trots op jou Jana!!💜

View more comments

ONS MISSIE

 

By die Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy totaliteit volgens Christelike norme op te voed en in die proses aandag te gee aan:

  • intellektuele groei
  • die ontwikkeling van vaardighede en verhoudings
  • die bou van ‘n gesonde selfbeeld en besef van eie waarde
  • die handhawing van gesonde menseverhoudings en
  • hoë morele beginsels

Om sodoende ‘n ordelike omgewing te skep waarbinne die kind gelukkig kan ontwikkel om as n gebalanseerde en verantwoordelike volwassene sy plek in die samelewing te kan volstaan.

ONS VISIE

 

Laerskool Vredendal bied stabiliteit en die geleentheid vir elkeen om gelukkig en geborge te voel. Daarom integreer ons akademie, kultuur en sport sodat gesonde geestelike, emosionele en sosiale waardes gekweek word.

Dit verseker dat elkeen sy plek kan volstaan as verantwoordelike landsburgers.

Ons Waardes

NEDERIGHEID

INTEGRITEIT

VRIENDELIKHEID

SELFDISSIPLINE

GOEDHARTIGHEID

LOJALITEIT

Hoofseun & Hoofdoger

Stefan Heyns

Daar is vir my geen groter voorreg as om 2025 ‘n hoofleier van LSV te wees nie. Ek is dankbaar vir die platform om my geloof en waardes uit teleef. Dis vir my ‘n uitdaging om my mede leerders van LSV te inspireeren aan te moedig om elke dag te streef daarna om ‘n Dallerkampioen tewees.

Ek wil graag ‘n omgewing van aanvaarding help skep vir die neurodiverse leerders ook. Dit is vir my belangrik dat elke leerder, ouersen onderwysers moet deel voel van die LSV familie. Ek wil help om LSV ‘n plek van aanvaarding, veiligheid en liefde te maak, waar elkeen syvolle potensiaal kan bereik.

Mareli van der Westhuizen

 Ek staan vandag hier voor julle as die trotse hoofmeisie van hierdie wonderlike skool, Laerskool Vredendal.  Dit is ‘n ongelooflike eer en voorreg om die verantwoordelikheid aan te neem om as hoofmeisie van ons skool te dien.  Ek is baie opgewonde vir 2025 met al sy moontlikhede en uitdagings.

My visie is om elkeen te inspireer om deel te neem aan al ons skool se aktiwiteite, sou dit nou wees sport of kultuur.  Ons het die vermoë om ‘n ongelooflike inpak te maak – nie net op onsself nie, maar op die mense om ons.  #Dallerkampioene.

Ek wil graag aan elke leerder vra, maak ‘n leuse vir jouself, om die jaar aan vas te hou.  Sê vir jouself; “Ek moet onthou dat ek kosbaar en spesiaal is en EK wil eerlik en opreg my doel bereikin 2025.”

Soos Cyrus A. Bartol; “Laat jou karakter soos ‘n diamant wees, wat sy merk op ander oppervlaktes laat.”

Leerderverteenwoordigers 2025