Ons Skool
By Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy/haar totaliteit volgens Christelike norme op te voed.
SKOOL URE
M-V: 7:30vm – 2:00nm
ADRES
Skoolstraat, Vredendal, 8160
E-POs ADRES
admin@laerskoolvredendal.co.za
TELEFOON No
027 213 3016
Uit die Hoof se pen
In Vredendal met sy rustige, ruim en plattelandse atmosfeer is ‘n skool gevestig en gebaseer op Christelike Normes en Waardes. Ons is dankbaar dat ons ‘n skool kan wees waar ons “Kinderdrome vlerke gee” en ‘n toekomsvisie van tradisie en hoër hoogtes kan nastreef. Dit is ‘n voorreg om met kosbare kinders van ons Hemelse Vader en ouers te kan werk.
Vir ons is dit belangrik dat elke kind die geleentheid ontvang om teen sy eie tempo te ontwikkel. Sodoende vind holistiese groei plaas en word leerders toegerus om hul plek in die samelewing vol te kan staan. Ons glo in waardegedrewe onderwys waar ons ‘n aangename leeromgewing skep vir beide kinders, personeel en ouers. As skool het ons ‘n oopdeurbeleid en ons waardeer positiewe insette vanaf die gemeenskap.
Ons akademiese standaard is baie belangrik vir die skool en met harde werk van talle rolspelers kan ons met trots sê dat ons in ons doel slaag. Op buite-kurrikulêre gebied presteer ons kinders baie goed teen die bestes en is welbekend vir spogprestasies.
Laerskool Vredendal se personeel, leerders en ouers is soos ‘n groot familie waar ons as ‘n span saamwerk om die sukses van ons skool te bewerkstellig.
Ons streef na uitmuntendheid en soos ons leuse sê: MY PLIG MY EER !
Baie welkom by LSV se Webblad

Mnr. Riaan van der Watt
Skoolhoof
Skool Nuus
ONS MISSIE
By die Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy totaliteit volgens Christelike norme op te voed en in die proses aandag te gee aan:
- intellektuele groei
- die ontwikkeling van vaardighede en verhoudings
- die bou van ‘n gesonde selfbeeld en besef van eie waarde
- die handhawing van gesonde menseverhoudings en
- hoë morele beginsels
Om sodoende ‘n ordelike omgewing te skep waarbinne die kind gelukkig kan ontwikkel om as n gebalanseerde en verantwoordelike volwassene sy plek in die samelewing te kan volstaan.
ONS VISIE
Laerskool Vredendal bied stabiliteit en die geleentheid vir elkeen om gelukkig en geborge te voel. Daarom integreer ons akademie, kultuur en sport sodat gesonde geestelike, emosionele en sosiale waardes gekweek word.
Dit verseker dat elkeen sy plek kan volstaan as verantwoordelike landsburgers.
Ons Waardes
NEDERIGHEID
INTEGRITEIT
VRIENDELIKHEID
SELFDISSIPLINE
GOEDHARTIGHEID
LOJALITEIT
Hoofseun & Hoofdoger
Stefan Heyns
Daar is vir my geen groter voorreg as om 2025 ‘n hoofleier van LSV te wees nie. Ek is dankbaar vir die platform om my geloof en waardes uit teleef. Dis vir my ‘n uitdaging om my mede leerders van LSV te inspireeren aan te moedig om elke dag te streef daarna om ‘n Dallerkampioen tewees.
Ek wil graag ‘n omgewing van aanvaarding help skep vir die neurodiverse leerders ook. Dit is vir my belangrik dat elke leerder, ouersen onderwysers moet deel voel van die LSV familie. Ek wil help om LSV ‘n plek van aanvaarding, veiligheid en liefde te maak, waar elkeen syvolle potensiaal kan bereik.
Mareli van der Westhuizen
Ek staan vandag hier voor julle as die trotse hoofmeisie van hierdie wonderlike skool, Laerskool Vredendal. Dit is ‘n ongelooflike eer en voorreg om die verantwoordelikheid aan te neem om as hoofmeisie van ons skool te dien. Ek is baie opgewonde vir 2025 met al sy moontlikhede en uitdagings.
My visie is om elkeen te inspireer om deel te neem aan al ons skool se aktiwiteite, sou dit nou wees sport of kultuur. Ons het die vermoë om ‘n ongelooflike inpak te maak – nie net op onsself nie, maar op die mense om ons. #Dallerkampioene.
Ek wil graag aan elke leerder vra, maak ‘n leuse vir jouself, om die jaar aan vas te hou. Sê vir jouself; “Ek moet onthou dat ek kosbaar en spesiaal is en EK wil eerlik en opreg my doel bereikin 2025.”
Soos Cyrus A. Bartol; “Laat jou karakter soos ‘n diamant wees, wat sy merk op ander oppervlaktes laat.”
Leerderverteenwoordigers 2025

🎵 UNISA PRAKTIESE MUSIEKUITSLAE🎵
Gedurende September het van ons musiekleerders hul UNISA-praktiese musiekeksamens afgelê, en ons is ongelooflik trots op hul uitstekende prestasies! 🌟🎶
🏆 EREROLPRESTEERDERS
Vier van ons leerders het uitsonderlik presteer en word op UNISA se Ererol geplaas:
🪈 Alexander Vollgraaff – 91% vir Blokfluit Voorgraad 1
🪈 Ava Vollgraaff – 91% vir Blokfluit Graad 1
🪈 Anke Roux – 93% vir Blokfluit Graad 1
🪈 Lienke Prinsloo – 94% vir Blokfluit Graad 1
Baie geluk aan hierdie vier leerders met hul besonderse prestasies! 🌟👏
LOF: 80%–89%
Die volgende leerders het lof behaal:
🎹🪈 Carlynn-Faye de Villiers – Klavier Graad 1 en Blokfluit Graad 1
🎹 Hilde Labscher – Klavier Voorgraad 1
🪈 Jana van der Westhuzen – Blokfluit Graad 1
🎹 Elizabeth Engelbrecht – Klavier Voorgraad 1
🎹 Emile Ockhuis – Klavier Graad 1
🎹 Lula van Zyl – Klavier Graad 2
🎹🪈 Arina Wessels – Klavier Graad 1 en Blokfluit Graad 3
EERVOLLE VERMELDING: 75%–79%
Baie geluk aan die volgende leerders wat Eervolle Vermelding behaal het:
🪈 Edlyn Adams – Blokfluit Graad 1
🎹 Ané van Schalkwyk – Klavier Graad 2
🪈 Mia Engelbrecht – Blokfluit Graad 3
👏 Baie geluk aan al ons musiekleerders! Ons is trots op elkeen van julle en wens julle nog baie sukses en musiekgenot op julle musikale reis toe.
#unisamusiek #praktieseeksamens #musiekprestasies #TrotsOpOnsLeerders ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Baie geluk. Wowwww jul kunstig gebuigde bamboes is so innoverend.
Baie geluk aan elkeen‼️ Wees baie trots op jul puik uitslae🎶🎵 Ook 'n goeie handeklap vir juf Rensche Symington Verwey 👏👏👏👏
Baie geluk!
Baie geluk jul. Baie geluk Anetjie...soooo trots op jou my pop
🌊☀️ ’n Heerlike middag by die see! 🎶💙
Ons Seniorkoor het ’n draai by die see gemaak en wat ’n wonderlike middag vol pret, plesier en mooi herinneringe was dit nie! 🥰
Daar is speletjies gespeel, lekker gelag, heerlik geëet en sommer net ontspan ná ’n jaar van harde werk en toewyding. ❤️
Ons harte is gevul met dankbaarheid wanneer ons terugkyk op ’n geseënde koorjaar vol musiek, samehorigheid en kosbare oomblikke. 🙏🎵
Dankie aan elke koorlid wat hierdie jaar so besonders gemaak het. Op nog baie mooi oomblikke saam! 💙
#Seniorkoor #GeseëndeKoorjaar #SaamIsOnsSterker #MooiHerinneringe #Dankbaar 🎶🌊 ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Musiek...n "taal" wat ons harte verruim. Dankie aan almal wat musiek ag!!!! ...en die musieklikes!!!!❣❣❣❣❣❣❣💯💯💯💯💯💯💯👏👏👏👏👏👏👏
💗🎗️ SAAM VIR ’N GROOT DOEL! 🎗️💗
Vandag het ons ons hare gespuit ter ondersteuning van CANSA en om ons deel te doen in die stryd teen kanker. 💖
Dit gaan oor soveel meer as net gekleurde hare – dit gaan oor hoop, liefde, ondersteuning en om saam te staan vir almal wat deur kanker geraak word. Elke klein bydrae maak ’n verskil en herinner ons daaraan dat niemand hierdie stryd alleen hoef te veg nie. 🌸
Agter elke stryd is daar ’n storie, agter elke traan is daar hoop, en agter elke kankerpasiënt staan daar mense wat omgee. Vandag dra ons ons kleure met trots, nie net om bewusmaking te skep nie, maar ook om liefde en ondersteuning te wys. 🎗️
Saam staan ons sterker. Saam gee ons hoop. Saam maak ons ’n verskil! 💗
#CANSA #SaamTeenKanker #Hoop #Maak’nVerskil #kankerbewusmaking ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Baie geluk tannie Sanet. ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Baie geluk.Hoop dit was n heerlike dag!!!! Net die mooiste toegebid op jaar wat voorlê.
Veels geluk tannie Sanet. Hoop dis n wonderlike dag en jaar
Geluk met jou verjaarsdag. Mag jy n geseënde dag hê met baie bederf en hope geluk. Geniet jou dag.
Baie geluk my buurvrou met jou verjaarsdag net die beste vir jou ons is lief vir jou onse ou buurvroutjie
Geluk Sanet, verjaar lekker jong.
Baie geluk Sanet. Alles wat mooi is vir die nuwe lewensjaar. Lekker verjaar🎂
Veels geluk Tannie Sanet. Dankie vir alles.
Veels geluk tannie Sanet. Dankie vir als wat tannie vir ons kinders doen.
Baie geluk liewe Sanet Hanekom‼️ Ek weet die Hasies en Katjies het jou diep bederf🐱🐰🥳
Happy birthday tannie, hoop dit is n geseënde jaar ❤️🌹🎂
Baie Geluk Sanet, Lekker Verjaar!!!!💐🥳🎂🩷
Baie geluk, Sanet! Mooiste wense vir jou!
Baie geluk Sanet🎉🌺
Baie geluk Sanet!!
Baie geluk!
Baie geluk
Baie geluk liefste Sanet. Alles wat mooi is vir die nuwe jaar
Baie geluk!
Baie geluk!
Baie geluk Sanet. 🎊💃🥳
Baie geluk Sanet💕
Baie geluk Sanet.
Baie Geluk💐🎉🥳
Baie geluk Sanet
View more comments
🎾TENNIS🎾
Baie dankie Augsburg Landbougimnasium dat julle vandag ver gery het om by ons te kom kuier. Dit was n heerlike dag op en langs die tennisbaan.
Dankie aan elke Daller-ouer asook alle ouers van Augsburg vir julle ondersteuning.
Dankie Hoërskool Vredendal vir die gebruik van julle ongelooflike mooi fasiliteite.
#saamisonsbeter
#dallers ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Groot plesier, dit was lekker dat julle hier was!
Pragtig, Dallers.
Hallo DW!
Krieket: 0/11B teen Nouveau
Ons 0/11B het vandag teen Nouveau kragte gemeet in ’n wedstryd wat vir die seuns waardevolle ervaring gebied het. Alhoewel die uitslag nie in ons guns was nie, het die seuns die wedstryd geniet en baie geleer.
Elke wedstryd is ’n geleentheid om te groei, as spelers te ontwikkel en as ’n span sterker te word. 💪🏏
Ons is trots op julle en sien uit na die volgende wedstryd! 💚💛 ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
my alma maters, pragtige kinders!