WELKOM BY

Laerskool Vredendal

Ons Skool

Akademie

Sport

Kultuur

Inligting

Ons Skool

By Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy/haar totaliteit volgens Christelike norme op te voed.

SKOOL URE

M-V: 7:30vm – 2:00nm

ADRES

Skoolstraat, Vredendal, 8160

E-POs ADRES

admin@laerskoolvredendal.co.za

TELEFOON No

027 213 3016

Uit die Hoof se pen

In Vredendal met sy rustige, ruim en plattelandse atmosfeer is ‘n skool gevestig en gebaseer op Christelike Normes en Waardes. Ons is dankbaar dat ons ‘n skool kan wees waar ons “Kinderdrome vlerke gee” en ‘n toekomsvisie van tradisie en hoër hoogtes kan nastreef. Dit is ‘n voorreg om met kosbare kinders van ons Hemelse Vader en ouers te kan werk.

Vir ons is dit belangrik dat elke kind die geleentheid ontvang om teen sy eie tempo te ontwikkel. Sodoende vind holistiese groei plaas en word leerders toegerus om  hul plek in die samelewing vol te kan staan. Ons glo in waardegedrewe onderwys waar ons ‘n aangename leeromgewing skep vir beide kinders, personeel en ouers. As skool het ons ‘n oopdeurbeleid en ons waardeer positiewe insette vanaf die gemeenskap.

Ons akademiese standaard is baie belangrik vir die skool en met harde werk van talle rolspelers kan ons met trots sê dat ons in ons doel slaag. Op buite-kurrikulêre gebied presteer ons kinders baie goed teen die bestes en is welbekend vir spogprestasies.

Laerskool Vredendal se personeel, leerders en ouers is soos ‘n groot familie waar ons as ‘n span saamwerk om die sukses van ons skool te bewerkstellig.

Ons streef na uitmuntendheid en soos ons leuse sê: MY PLIG MY EER !
Baie welkom by LSV se Webblad

Mnr. Riaan van der Watt

Mnr. Riaan van der Watt

Skoolhoof

Skool Nuus

Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons

RUGBY- EN NETBAL STEAKETE!
Nog 5 dae om n bod te maak!
... See MoreSee Less

2 days ago

STEAKETE VEILING 2025
Plaas hier 'n bod op ons veilingitems wat tydens die jaarlikse Steakete opgeveil sal word en ondersteun ons fondsinsameling op hierdie manier al kan u nie self die funksie bywoon nie.

Aanlyn-veiling eindig op 20 Junie 2025 om 12:00 die middag.

docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSdguA5Xcl2U-GsiH1e7a2yp8CQr_NAdk7CjT8pknWAj8LAF4g/viewform?usp=s...
... See MoreSee Less

1 week ago
CALVINIA EISTEDDFOD PRYSWENNERS 🥇

Na afloop van die Calvinia Eisteddfod is 19 van ons leerders aangewys as pryswenners. Die toekennings is gemaak aan leerders wat die hoogste punt in afdelings by die onderskeie beoordelaars behaal het. 

▪️Klaviersolo: Hilde Laubscher en Lula van Zyl. 
▪️Blokfluitsolo: Schalk Janse van Rensburg, Anke Roux, Conrad Lubbe, Ava Vollgraaff, Arina Wessels, Mia Engelbrecht, Cyrilique de Villiers en Mareli van der Westhuizen. 
▪️Sang: Emily Engelbrecht en Mieke Skinner
▪️Poetry: Akeah Hofmeester, Jesse Stemmet en André Kleynhans
▪️ Voordrag:  Barbara van Zyl en André Kleynhans 
▪️Visuele Kuns:  Mias Vollgraaff, Isabel Visser en JD Swanepoel. 

Baie geluk aan elkeen van die leerders. Ons is trots op julle.Image attachmentImage attachment+Image attachment

CALVINIA EISTEDDFOD PRYSWENNERS 🥇

Na afloop van die Calvinia Eisteddfod is 19 van ons leerders aangewys as pryswenners. Die toekennings is gemaak aan leerders wat die hoogste punt in afdelings by die onderskeie beoordelaars behaal het.

▪️Klaviersolo: Hilde Laubscher en Lula van Zyl.
▪️Blokfluitsolo: Schalk Janse van Rensburg, Anke Roux, Conrad Lubbe, Ava Vollgraaff, Arina Wessels, Mia Engelbrecht, Cyrilique de Villiers en Mareli van der Westhuizen.
▪️Sang: Emily Engelbrecht en Mieke Skinner
▪️Poetry: Akeah Hofmeester, Jesse Stemmet en André Kleynhans
▪️ Voordrag: Barbara van Zyl en André Kleynhans
▪️Visuele Kuns: Mias Vollgraaff, Isabel Visser en JD Swanepoel.

Baie geluk aan elkeen van die leerders. Ons is trots op julle.
... See MoreSee Less

1 week ago

Comment on Facebook

Baie geluk. 👏🏻🎹⭐️⭐️⭐️

Baie geluk jull almal, met julle afrigters

Baie geluk! Trots op elkeen 🌟🌟🌟🌟🌟

Baie geluk so trots op julle ❤️

Olifantsvallei Eisteddfod
                                                                                 Op 23 Mei het Gr R-7 aan die Olifantsvallei Eisteddfod te Citrusdal deelgeneem.  Hulle het deelgeneem aan poësie, poetry en sang.

Grondslagfase: 35 leerders het aan 48 items deelgeneem. 40 Leerders het dubbelgoud, 6 goud en 2 silwer behaal. 

Senior Fase: 35 Leerders het aan 53 items deelgeneem. 29 Leerders het dubbelgoud, 22 goud en 2 silwer behaal.

#dallerkampioene 
#dallertrotsImage attachmentImage attachment+5Image attachment

Olifantsvallei Eisteddfod
Op 23 Mei het Gr R-7 aan die Olifantsvallei Eisteddfod te Citrusdal deelgeneem. Hulle het deelgeneem aan poësie, poetry en sang.

Grondslagfase: 35 leerders het aan 48 items deelgeneem. 40 Leerders het dubbelgoud, 6 goud en 2 silwer behaal.

Senior Fase: 35 Leerders het aan 53 items deelgeneem. 29 Leerders het dubbelgoud, 22 goud en 2 silwer behaal.

#dallerkampioene
#dallertrots
... See MoreSee Less

1 week ago
Hier is n paar mooi fotos van ons kore se optredes tydens Pinkster. 

Maandagaand het ons Seniorkoor die Kinderpinkster bygewoon en geleer dat God nie na ons uiterlike voorkoms kyk nie. Ons moenie onsself oordeel volgens wat mense ons oordeel nie, maar ons moet na onsself kyk soos wat God na ons kyk.

Dinsdagaand het die Juniorkoor geleer dat God op verskillende maniere met ons praat. Ons moet fyn luister vir God se stem deur na ons ouers, onderwysers, vriende en die Bybel te luister.

#koorispretImage attachmentImage attachment+Image attachment

Hier is 'n paar mooi foto's van ons kore se optredes tydens Pinkster.

Maandagaand het ons Seniorkoor die Kinderpinkster bygewoon en geleer dat God nie na ons uiterlike voorkoms kyk nie. Ons moenie onsself oordeel volgens wat mense ons oordeel nie, maar ons moet na onsself kyk soos wat God na ons kyk.

Dinsdagaand het die Juniorkoor geleer dat God op verskillende maniere met ons praat. Ons moet fyn luister vir God se stem deur na ons ouers, onderwysers, vriende en die Bybel te #koorispretkoorispret
... See MoreSee Less

2 weeks ago

ONS MISSIE

 

By die Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy totaliteit volgens Christelike norme op te voed en in die proses aandag te gee aan:

  • intellektuele groei
  • die ontwikkeling van vaardighede en verhoudings
  • die bou van ‘n gesonde selfbeeld en besef van eie waarde
  • die handhawing van gesonde menseverhoudings en
  • hoë morele beginsels

Om sodoende ‘n ordelike omgewing te skep waarbinne die kind gelukkig kan ontwikkel om as n gebalanseerde en verantwoordelike volwassene sy plek in die samelewing te kan volstaan.

ONS VISIE

 

Laerskool Vredendal bied stabiliteit en die geleentheid vir elkeen om gelukkig en geborge te voel. Daarom integreer ons akademie, kultuur en sport sodat gesonde geestelike, emosionele en sosiale waardes gekweek word.

Dit verseker dat elkeen sy plek kan volstaan as verantwoordelike landsburgers.

Ons Waardes

NEDERIGHEID

INTEGRITEIT

VRIENDELIKHEID

SELFDISSIPLINE

GOEDHARTIGHEID

LOJALITEIT

Hoofseun & Hoofdoger

Stefan Heyns

Daar is vir my geen groter voorreg as om 2025 ‘n hoofleier van LSV te wees nie. Ek is dankbaar vir die platform om my geloof en waardes uit teleef. Dis vir my ‘n uitdaging om my mede leerders van LSV te inspireeren aan te moedig om elke dag te streef daarna om ‘n Dallerkampioen tewees.

Ek wil graag ‘n omgewing van aanvaarding help skep vir die neurodiverse leerders ook. Dit is vir my belangrik dat elke leerder, ouersen onderwysers moet deel voel van die LSV familie. Ek wil help om LSV ‘n plek van aanvaarding, veiligheid en liefde te maak, waar elkeen syvolle potensiaal kan bereik.

Mareli van der Westhuizen

 Ek staan vandag hier voor julle as die trotse hoofmeisie van hierdie wonderlike skool, Laerskool Vredendal.  Dit is ‘n ongelooflike eer en voorreg om die verantwoordelikheid aan te neem om as hoofmeisie van ons skool te dien.  Ek is baie opgewonde vir 2025 met al sy moontlikhede en uitdagings.

My visie is om elkeen te inspireer om deel te neem aan al ons skool se aktiwiteite, sou dit nou wees sport of kultuur.  Ons het die vermoë om ‘n ongelooflike inpak te maaknie net op onsself nie, maar op die mense om ons.  #Dallerkampioene.

Ek wil graag aan elke leerder vra, maak ‘n leuse vir jouself, om die jaar aan vas te hou.   vir jouself; “Ek moet onthou dat ek kosbaar en spesiaal is en EK wil eerlik en opreg my doel bereikin 2025.”

Soos Cyrus A. Bartol; “Laat jou karakter soos ‘n diamant wees, wat sy merk op ander oppervlaktes laat.”

Leerderverteenwoordigers 2025